’n Geoloog waarsku dat beoogde uraanontginning in die Leonardville-omgewing die Kalahari se enigste betroubare waterbron onomkeerbare skade kan berokken.
Dr. Roy Miller, ’n geoloog, het op ’n vergadering van belanghebbendes gesê die uraan-inhoud van ondergrondse water in die artesiese bron van die Stampriet-oorgrenswaterdraer kan styg tot 1 667 keer hoër as die toelaatbare vlak as uraanontginning hier sou plaasvind.
Die waterdraer strek oor meer as 60 000 km2 vanaf Sentraaloos-Namibië na die weste van Botswana en noorde van die Noord-Kaap.