Keniaanse boere tel onder ’n groeiende groep boere wêreldwyd wat baat vind by ’n versekeringskema ten bate van boere wat ly onder herhaalde droogtes wat aan klimaatsverandering gekoppel word.
Die projek word deur die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprojek bestuur en is een van ’n aantal inisiatiewe gemik daarop om die impak van klimaatsverandering op kwesbare gemeenskappe te versag. Oos-Afrika is een van die kwesbaarste plekke op aarde wat aardverwarming betref.
Egipte moes ’n internasionale koringtender kanselleer ná hy slegs een aanbod gekry het vir 60 000 ton koring. Meer as een aanbod is nodig vir ’n geldige tender.