Daar was verlede maand samesprekings waarvolgens Indië koring na Egipte sou begin uitvoer, terwyl die land ook met onder meer Turkye, China, Bosnië, Soedan, Nigerië en Iran onderhandel het om koring daarheen uit te voer, het die Egiptiese ministerie van landbou in ’n verklaring gesê.
Egipte voer gewoonlik 70% van sy koring uit Rusland in en 10,7% uit Oekraïne, en is een van die wêreld se grootste koring-invoerders.
Nigerië kan sy mielieproduksie vergroot tot selfvoorsiening met produksie van sowat 20 miljoen ton per jaar as die helfte van die land se boere bastersaadkultivars begin gebruik.