Die Verenigde Nasies (VN) het 22 voertuie en personeel beskikbaar gestel om sprinkaanswerms wat die suide van die land die afgelope maande teister, te monitor.
Die Namibiese regering raam dat swerms op nagenoeg 1,2 miljoen ha landbougrond reeds in die //Kharas-gebied alleen voorgekom. Die VN het ook het 56 slimfone en 40 tablette aan staatsamptenare geskenk vir monitering en rapportering.
Hy het ook die opleiding van 348 boere en 158 tegniese beamptes op die eLocust3m-program moontlik gemaak vir wyer monitering.