Indeksgebaseerde rampversekering, wat ontwerp is om eerder teen gedeelde verliese te beskerm as individuele risiko’s, begin momentum kry ná ’n ondersoek deur die Namibiese oorsigtelike gesag vir finansiële instellings (Namfisa) bevind het daar is belangstelling in dié soort versekering onder boere én versekeraars.
Nagenoeg 70% van die land se bevolking is van die landbou afhanklik, en meer as 97 800 stuks lewende hawe het van Oktober 2018 tot Desember 2019 weens droogte gevrek.
’n Nuwe kassawe-kultivar wat deur die Keniaanse landbou-en-lewendehawe-navorsingsorganisasie in Mtwapa ontwikkel is, kan verliese van dié stapelgewas weens kassawe-bruinstreepsiekte met tot 90% verminder.