Die Zimbabwiese regering het die proses vir begunstigdes van grondhervorming om 99-jaar-huurkontrakte te ontvang, vereenvoudig. Mnr. Anxious Masuka, minister van grond, water en landelike hervestiging, sê die bewoording van die huurkontrak sal ook aangepas word sodat boere dit kan gebruik om krediet by banke te kry.
Vroeër het boere lang vertragings ervaar wanneer hulle om huurkontrakte aansoek gedoen het. Minstens 400 boere het verlede jaar 99-jaar- huurkontrakte ontvang.
Die regering van Botswana beoog om meer as 10 000 beeste van kant te maak om die uitbreking van bek-en-klouseer hok te slaan. Die stap volg ná konsultasie met siektebeheerkenners, volgens mnr. Molebatsi Molebatsi, die adjunkminister van landbou.