AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Landbousektor voorsien meer werksgeleenthede

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johan Norval
Foto: Johan Norval
Volgens Statistieke Suid-Afrika het indiensneming in die landbousektor in die laaste kwartaal van verlede jaar tot 868 000 werksgeleenthede toegeneem.

Indiensneming in die landbousektor het in die vierde kwartaal van 2021 toegeneem tot 868 000 teenoor 829 000 in die derde kwartaal van 2021 en 810 000 aan die einde van 2020. Indiensneming in die landbou het egter in die Wes-Kaap, Vrystaat en Limpopo met onderskeidelik 19 000, 6 000 en 9 000 werksgeleenthede gedaal.

Só is bevind in Statistieke Suid-Afrika nuutste kwartaallikse arbeidsmag-opname. Die resultate is op 29 Maart bekend gemaak.

Mnr. Lebogang Sethusha, arbeids-en-indiensnemingskundige by Agri SA, sê die indiensneming van geskoolde landbouwerkers het steeds nie herstel nie. Luidens die opname is 85 000 geskoolde landbouwerkers in die vierde kwartaal van 2020 in diens geneem teenoor 68 000 in die vierde kwartaal verlede jaar – ’n afname van 20,6%.

“Hoewel daar sprake van herstel gedurende die derde kwartaal was, is daar nog baie herstel wat voorlê. Dit bly ’n bron van kommer dat die afname in geskoolde landbouwerkers ’n verlies aan vaardighede in die sektor verteenwoordig.”

Hy sê ten spyte van die opname se gunstige resultate, word die landbousektor se groei gekniehalter deur swak infrastruktuur wat onder meer paaie, spoorweë en hawens betref, asook ander probleme soos stygende insetkoste.

“In hierdie moeilike klimaat toon die groei in die landbousektor se indiensneming dat die sektor steeds die vermoë het om arbeid te absorbeer en broodnodige werksgeleenthede te verskaf. Deur die sektor se probleme uit die weg te ruim, sal die sektor selfs meer werksgeleenthede kan skep gedurende ’n moeilike tyd wat die ekonomie van die covid-19-pandemie herstel.”

Die potensiaal om arbeid te absorbeer tesame met die voortgesette swak herstel in die indiensneming van geskoolde landbouwerkers dui volgens hom op die noodsaaklikheid van belegging in opleiding.

“Agri SA en sy lede is daartoe verbind om geleenthede te skep vir laaggeskoolde werkers en om doeltreffende opleidings- en onderrigprogramme te bevorder om aan diegene wat deur die sektor in diens geneem word, vir meer geskoolde rolle in aanmerking te laat kom.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
+0.2%
Rand - Pond
22.30
+0.0%
Rand - Euro
19.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
974.87
+0.7%
Palladium
1,439.25
-0.6%
Goud
1,967.34
+0.2%
Silwer
23.67
+1.4%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,508
+0.9%
Alle aandele
77,138
+0.9%
Hulpbronne 10
68,248
+2.4%
Industriële 25
103,766
+0.4%
Finansiële 15
15,644
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot