
Die wenner van ‘n Honda XR650L-motorfiets in Landbouweekblad se intekenaarkompetisie by die KKNK is mnr. R.P. Scheepers (25) van Tsitsikamma.
Alle feesgangers wat tydens die KKNK op Landbouweekblad ingeteken het, het ‘n kans gestaan om die spogfiets ter waarde van R50 000 te wen. Altesaam 304 nuwe intekenare is by die fees gewerf.
Scheepers was nie tydens die trekking teenwoordig nie, maar het telefonies laat weet hy is verheug oor sy prys.
Die ander intekenare is darem nie met leë hande huis toe nie. Die aanbod het aan elke intekenaar ‘n duursame kampstoeltjie en ‘n spesiale prys (wynstel, boek of pennestel) besorg. Die intekening is boonop teen 45%-afslag aangebied.
Mnr. Johan Nel, Landbouweekblad se sakebestuurder, het gesê hy is baie tevrede met die kompetisie.
“Ek glo al die intekenare sal ure se leesplesier met Landbouweekblad geniet.”
7 April 2012