AFGRI
BEAN
17 Jan
-
7800
20,00
CORN
17 Jan
-
3664,8
22,80
SOYA
17 Jan
-
7875
-52,00
SUNS
17 Jan
-
8980
48,00
WEAT
17 Jan
-
5898
55,00
WMAZ
17 Jan
-
3595
35,00
YMAZ
17 Jan
-
3720
38,00
AMT
Beeste A2/3
07 Jan
-
55,55
-1,06
Beeste AB2/3
07 Jan
-
53,84
-0,97
Beeste B2/3
07 Jan
-
51,83
-1,13
Beeste C2/3
07 Jan
-
47,03
0,97
Bevrore Hoender
07 Jan
-
29,37
0,87
Bokkies (onder 30 kg)
07 Jan
-
60,79
-1,75
Bokooie
07 Jan
-
44,43
0,22
Groot (meer as 40 kg)
07 Jan
-
42,4
-6,15
Hoender (IQF)
07 Jan
-
27,73
1,73
Medium (30-40kg)
07 Jan
-
54,52
2,25
Pork Average
07 Jan
-
28,77
0,80
Poultry Average
07 Jan
-
29,2
1,37
Skaap A2/3
07 Jan
-
82,4
-1,11
Skaap AB2/3
07 Jan
-
75,3
-0,89
Skaap B2/3
07 Jan
-
73,05
-1,17
Skaap C2/3
07 Jan
-
68,32
-0,93
Speenkalf
07 Jan
-
40,26
-0,09
Spekvarke
07 Jan
-
29,08
1,15
Stoorlammers
07 Jan
-
40,88
0,22
Varkwors
07 Jan
-
22,76
0,18
Vars Hoender
07 Jan
-
30,5
1,50
Vleisvarke
07 Jan
-
28,73
0,77
Wol (skoon)
07 Jan
-
175,36
3,01

‘Landelike misdaad is almal se probleem’

akkreditasie
Mnr. Uys van der Westhuijzen. Foto: Verskaf
Mnr. Uys van der Westhuijzen. Foto: Verskaf
Dit is noodsaaklik dat almal wat in die polisie se landelike veiligheidstrategie genoem word, saam met Agri SA en sy provinsiale affiliasies werk om landelike veiligheid aan te pak.

Só sê mnr. Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri Wes-Kaap se beleidskomitee vir landelike veiligheid, wat vandeesweek verkies is tot voorsitter van Agri SA se afdeling vir landelike veiligheid.

Van der Westhuijzen sê landelike misdaad is nie net die polisie en die landbousektor se probleem nie. “Die land se maatskaplike en ekonomiese situasie speel ’n groot rol in misdaad, en departemente soos onderwys en maatskaplike ontwikkeling moet deel van die oplossing wees. Wanneer ons net op misdaad konsentreer, is ons reaktief. Almal moet proaktief ter wille van veiliger gemeenskappe saamwerk.”

Hy sê mense moet ophou dink dat landelike veiligheid net na veiligheid op plase verwys. “Alle inwoners van die landelike omgewing is blootgestel en ly onder misdaad. Misdaad en investering loop nie hand aan hand nie. Veilige omgewings lok beleggings, daarom is ’n goed gekoördineerde en geïntegreerde benadering tussen almal nodig om die kwessie van landelike veiligheid gesamentlik aan te pak.”

Mnr. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê Van der Westhuijzen is uiters kundig oor alle aspekte van landelike veiligheid. Die werk wat hy oor baie jare op veiligheidsvlak by Agri Wes-Kaap gedoen het, spreek ook van ’n passie en ’n dryfkrag om landelike gemeenskappe veilig te maak.

Van der Westhuijzen, wat buite Malmesbury in die rigting van Klipheuwel boer, is al jare by die georganiseerde landbou betrokke. Hy het in 1986 by die Malmesbury-landbouvereniging aangesluit, waar hy van 2012 tot 2013 voorsitter was. Met die onluste by De Doorns in 2012 het hy by Agri Wes-Kaap se beleidskomitee vir landelike veiligheid betrokke geraak.

Hy is ’n senior reserwemag-offisier met die rang van luitenant-kolonel en was in 2018 die eerste Suid-Afrikaanse weermagoffisier wat verkies is tot voorsitter van die Internasional CIOR Military Skills Committee, wat by Navo geaffilieer is en wat militêre vaardighede evalueer. Hy was ook van 1998 tot 2008 die bevelvoerder van die kommando in die Weskus-streek en dien sedert 2014 as voorsitter van Agri Wes-Kaap se beleidskomitee vir landelike veiligheid.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.38
-0.0%
Rand - Pond
20.98
+0.2%
Rand - Euro
17.54
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,819.25
+0.1%
Silwer
23.03
+0.3%
Palladium
1,876.50
-0.4%
Platinum
976.34
+0.2%
Brent-ruolie
86.06
+1.9%
Top-40
68,889
+0.6%
Alle aandele
75,594
+0.6%
Hulpbronne 10
74,696
+0.4%
Industriële 25
95,569
+1.3%
Finansiële 15
15,498
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Begin iets nuuts
Ek is n introvert as jy my nie Ken nie en word n extrovert as jy my Ken. Raak stil op tye en maak geraas en hou dinge aan die gang. Hou van see en swembad en buite lewe. Mal oor...
Lief vir die lewe.
Ek hou van mense, en kom oor die weg met almal. Hou van eerlikheid te alle tye seker nie te veel gevra nie.😉
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot