AFGRI
BEAN
23 Me
-
9010
27,00
CORN
23 Me
-
4896
10,00
SOYA
23 Me
-
9180
45,00
SUNS
23 Me
-
11244
149,00
WEAT
23 Me
-
8304
93,00
WMAZ
23 Me
-
4666
35,00
YMAZ
23 Me
-
4741
-6,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

‘Landelike veiligheid nie prioriteit vir ANC’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Ter illustrasie. Foto: Marieke Snyman
Drie plaasaanvalle binne 24 uur in die Vrystaat maak dit volgens die VF Plus duidelik dat landelike beveiliging nie ’n prioriteit vir die ANC-regering is nie.

Die feit dat drie boere sedert die begin van die week in afsonderlike voorvalle aangeval en twee van hulle vermoor is, bewys weer dat landelike veiligheid nie vir die ANC-regering ’n prioriteit is nie, sê mnr. Jan van Niekerk, Vrystaatse leier van die VF Plus.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê mnr. Johan Prinsloo (73) en sy werkers is Maandag om 07:30 op sy plaas in die distrik Koppies aangeval deur ’n man met ’n geweer wat lukraak skote begin afvuur het. Een van die skote het Prinsloo noodlottig getref.

Makhele sê volgens inligting wat die polisie ontvang het, het sowat vier mense van die toneel gevlug en ’n beweginglose Prinsloo op die grond agtergelaat. Niks is gebuit nie en ’n saak van moord word ondersoek. Volgens mnr. Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se veiligheidskomitee, is die polisie se lugvleuel onder meer ontplooi om die verdagte te help soek. Hy is later tydens ’n skietgeveg met die polisie doodgeskiet.

Nog ’n boer, mnr. Godfrey Venter (59), is Maandagoggend op sy plaas Yukon by Bothaville aangeval. Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het 10 verdagtes gewapen met drie pistole, ’n rewolwer en ’n AK47 om 09:30 op sy plaas aangekom om ’n bakkie te huur. Die bestuurder van die bakkie het gesien die verdagtes is gewapen en het Venter se skoonseun in kennis gestel. Hy was egter op pad dorp toe.

Die verdagtes het die vuurwapens op Venter, sy vrou, dogter, kleinkind en huishulp gerig en kontant geëis. Daar is kontant aan hulle gegee. Die verdagtes het egter gesê dit is nie genoeg nie en gedreig om die kind te ontvoer. Venter is aangerand, vasgebind en geskop, terwyl die verdagtes meer geld geëis het.

Die verdagtes het van die toneel gevlug met Venter se Isuzu-bakkie. Teen daardie tyd was Bothaville se polisie, buurtwag en plaaslike sekerheidsmaatskappy reeds geaktiveer en was hulle op die uitkyk vir die bakkie. Lede van die buurtwag het die bakkie agtervolg tot die verdagtes dit agtergelaat en verder te voet in die informele nedersetting Kgotsong ingevlug het.

Ná ’n soektog onder leiding van kol. Disebo Tshabalala, stasiebevelvoerder van Bothaville, is twee verdagtes, ’n 27-jarige man en ’n 40-jarige man van Tembisa in Gauteng wat slegs Zoeloe praat, in hegtenis geneem. Vier selfone wat aan die verdagtes behoort, is op die bakkie gevind en gekonfiskeer. Geen van die verdagtes se vuurwapens is gevind nie.

Moenie verdagtes self probeer aankeer

Thakeng waarsku dat inwoners van Bothaville nie self moet probeer om die vlugtende verdagtes in hegtenis te neem nie omdat hulle swaar gewapen is. ’n Saak van huisroof word ondersoek. Enigiemand met nuttige inligting word versoek om kol. Ben Bolsick by 082 466 8530 of 08600 10111 te kontak.

Die derde aanval in 24 uur het Maandagaand plaasgevind toe mnr. Christian van Tonder (29), ’n boer van Lindley, vermoor is nadat hy geld by die Barrage in Gauteng gaan haal het vir beeste wat hy verkoop het. Die polisie het sy liggaam in sy bakkie langs die R59 in die Marlbank-gebied gevind.

Wat kan boere doen?

Van Niekerk sê om hierdie soort misdaad te bekamp, is dit belangrik dat die polisie se landelike beveiligingsplan doeltreffend in werking gestel en polisiekantore met die nodige hulpbronne toegerus word.

“Die VF Plus doen opnuut ’n ernstige beroep op boere en landelike gemeenskappe om self ook veiligheidsmeganismes in plek te stel om hul veiligheid te verseker. Die party sal waar moontlik hulp verleen om die skuldiges op te spoor om toe te sien dat geregtigheid vir die slagoffers geskied.”

Le Roux sê enige moord is een te veel en dat boere uiters paraat moet wees, veral aangesien die feestyd om die draai is. “Misdadige bedrywighede vier ongelukkig hoogty hierdie tyd van die jaar en veral landbougemeenskappe moet baie paraat en oplettend wees vir verdagte persone of voertuie.”

Vrystaat Landbou raai boere aan om gedurende die feestyd aan die volgende aandag te gee:

• Skakel in by jou plaaslike veiligheidstrukture.

• Handhaaf ’n goeie verhouding met jou bure en werkers.

• Bekom radiokommunikasie en skakel in by die plaaslike radionetwerk.

• Toets gereeld radiokommunikasie met u veiligheidsnetwerk/koördineerder en bure.• Raak deel van WhatsApp-groepe wat proaktief inligting rakende verdagte voertuie/persone in jou area deurgee.

• Oefen jou gebeurlikheidsplan gereeld, ook die hantering van vuurwapens, saam met jou werkers, en waar moontlik verskaf aan hulle handradio’s na-ure.

• Skaf ’n bykomende selfoon aan wat op ’n strategiese plek binne huis geplaas kan word (altyd gelaai) om sodoende in staat te wees om hulp te ontbied indien u bestaande selfoon geroof word.

• Gee voortdurend inligting aan veiligheidskoördineerders.• Kontakbesonderhede en noodnommers van bure, polisie en veiligheidskoördineerders moet altyd byderhand of op selfone gelaai wees.• Installeer ’n UPS om die gevolge van beurtkrag te vermy.

• Moenie onnodig nuwe werkers aanstel voordat jy nie vasgestel het of hulle ’n misdaadrekord het nie.

• Rapporteer enige nuttige inligting aan die polisie se landelike veiligheidskoördineerder, asook die veiligheidsverteenwoordiger van die georganiseerde landboustruktuur in jou area.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.75
+0.6%
Rand - Pond
19.81
+0.2%
Rand - Euro
16.83
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.19
+0.2%
Rand - Jen
0.12
+0.9%
Goud
1,853.69
+0.4%
Silwer
21.80
+0.2%
Palladium
1,990.14
+1.0%
Platinum
961.03
+0.3%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,788
+1.3%
Alle aandele
68,367
+1.2%
Hulpbronne 10
74,616
+2.9%
Industriële 25
73,018
+0.1%
Finansiële 15
15,916
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Professionele man soek n vrou om saam die wereld te verken.
Ek is net n plesier, lag altyd, intelligent, professioneel, n vlieenier, seiljagvaarder, skubaduiker en baie romanties. Drie seuns bly en werk oorsee en is die stigter en hoof...
Opsoek na vriendskap
Jong ja. Ek is maar net n vrou wat single is. Ek is net opsoek na vriendskap vir nou. Stel nie Belang om iemand se bed maaitjie te wees nie. Wat jy sien is wat jy kry.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot