
Hy was saam met sy seun, Derek, die eienaars van die bekende Up George Bonsmara-stoetery wat die afgelope 35 jaar ’n bekende naam in die bedryf geword het.
Hulle het die stoetery op klein skaal begin en dit het aanvanklik as die Kenriet Bonsmara-stoetery by Kokstad in die Oos-Kaap bekend gestaan. Toe hulle die plaas Up George by Wasbank in KwaZulu-Natal in 1988 koop, het hulle die stoetery se naam na dié van die plaas verander.
Hulle was in 2018 in die nuus toe hulle ’n SA rekordprys van R1,8 miljoen vir die bul LAR 14-174 op hul produksieveiling behaal het, volgens die stoetery se webwerf.
Mnr. Nick Serfontein, voorsitter van Bonsmara SA, sê Lawrence was ’n joviale mens wat groot respek by ander telers afgedwing het. Die stoetery maak ’n wye impak op die Bonsmara-bedryf.
’n Gedenkdiens word op 23 Februarie gehou in die Presbiteriaanse kerk in Howick, waar hy sedert sy aftrede gewoon het.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.