AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Leierboer se dood groot slag vir landbou

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Jacobus Stroebel (36) en sy dogtertjie, Marelize (6).
Mnr. Jacobus Stroebel (36) en sy dogtertjie, Marelize (6).
Die dood van mnr. Jacobus Stroebel (36), voormalige vise-president van Vrystaat Landbou (VL), in ’n tragiese ongeluk is ’n groot verlies vir landbou.

Die dood van mnr. Jacobus Stroebel (36), voormalige vise-president van Vrystaat Landbou (VL), is ’n groot verlies vir landbou, want hy was een van min jongmanne wat kans gesien het vir die uitdagings van landboupolitiek.

Mnr. Francois Wilken, president van die organisasie, het op navraag gereageer nadat Stroebel, sy dogtertjie, Marelize (6) en sy ma, Miempie, op 27 Desember in ’n botsing naby Bloemfontein op die N6 gesterf het. Stroebel, wat naby Rouxville met vee geboer het, het sy ma in Bloemfontein gaan haal om by hulle te kom kuier toe die drie in ’n botsing reg van voor betrokke was. Die bestuurder van die ander voertuig is ook op die toneel dood. Stroebel se vrou, Charné, en sy seuntjie, Christoff, was tuis.

Wilken sê Stroebel het diep spore in hul organisasie getrap sedert hy in 2013 as regsadviseur by VL begin werk het. Volgens ’n verklaring het hy sedert 2017 sy passie vir boerdery gaan uitleef toe hy voltyds op die familieplaas in Rouxville gaan boer het en later deel van VL se bestuur geword het. Hy is in September vanjaar tot vise-president verkies.

“Reeds op ’n jong ouderdom het hy baie vir landbou gedoen en sy dood is ’n groot slag. Daar is min jongmense wat bereid is om soveel tyd op te offer vir georganiseerde landbou,” sê Wilken. Hy sê daar het ondertussen ’n geleentheid opgeduik vir Stroebel om in die buiteland te gaan boer en hy het onlangs as vise-president bedank omdat hy en sy gesin in Januarie na Kanada sou verhuis het waar hy vir ’n beesboer sou gaan werk het.

“Jacobus sal met deernis onthou word vir sy skerpsinnige humorsin, beginselvaste besluitneming en absolute toewyding aan die landbousektor en sy familie. Sy geesdrif en die ywer waarmee hy ’n taak aangepak het, het ook uitgestaan. Sy nalatenskap sal nog lank bly voortbestaan.” 

Vrystaat Landbou het sy innige simpatie aan Charné, Christoff en Stroebel se broer, Hendrik, sowel as ander familielede betoon.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot