AFGRI
BEAN
08 Des
-
9403
0,00
CORN
08 Des
-
4398,6
21,60
SOYA
08 Des
-
10558,8
58,80
SUNS
08 Des
-
10459,8
39,80
WEAT
08 Des
-
6700
37,00
WMAZ
08 Des
-
4815
2,00
YMAZ
08 Des
-
4420
35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Lesotho-parlement maak u-draai oor wol- en sybokhaarhandel

akkreditasie
Die Suid-Afrikaanse wolbedryf is versigtig optimisties oor die moontlike hervatting van die bemarking van Lesotho se wolskeersel deur plaaslike wolmakelaars.

Dit volg op berigte dat die parlement van Lesotho op 5 November besluit het om die beperkende regulasies van 2018, ingevolge waarvan die uitvoer van sy skeersel deur Suid-Afrikaanse makelaars verbied is, op te hef. Aanduidings uit Lesotho is dat sewe dae en ’n afkondiging in die Staatskoerant eers moet verloop voordat die besluit bekragtig word.

Een van die makelaars wat ietwat skepties is, is mnr. Isak Staats, bestuurder van wol en sybokhaar by BKB. “Indien die wolhandel met Lesotho hervat word, sal dit nie onmiddelik kan gebeur nie, aangesien die stelsel die afgelope sowat 18 maande verval het.”

Infrastruktuur soos skeerhokke in Lesotho waarvandaan die wol na sentrale pakhuise vervoer is, het intussen ten gronde gegaan.

Produsente uit die bergkoninkryk het hul wol per streekskeerhok deur Port Elizabeth bemark waarna sowat 35 000 boere in die opbrengs gedeel het. 

Vaardighede

Volgens Staats is die herstelkoste van die infrastruktuur nie die grootste probleem nie, maar die vaardighede van die betrokkenes in die stelsel wat weer opgebou sal moet word.

Vroeër was Lesotho se skeersel sowat 5 miljoen kg wol en 700 000 kg sybokhaar, wat sowat 10% van die Suider-Afrikaanse skeersel beloop. Die totale verdienste van Suider-Afrikaanse wol beloop jaarliks sowat R500 miljoen tot R700 miljoen.

Die moontlike hervatting van die woluitvoer saam met die Suid-Afrikaanse skeersel is waarskynlik veroorsaak deur druk van produsente in Lesotho wie se wolinkomste hul enigste inkomste is. Verskeie wolboere uit die bergkoninkryk het die afgelope 18 maande geen inkomste verdien nie sedert Maseru Dawn Trading, ’n maatskappy van die omstrede Chinese sakeman mnr. Stone Shi, die alleenreg gekry het om die bemarking van wol uit Lesotho te behartig.

Vraag

Volgens Staats het die buitelandse vraag na wol begin toeneem teenoor ’n agtergrond van ’n afname van sowat 26% in die wolprys op ’n jaargrondslag. As Lesotho se wolhandel met Suid-Afrikaanse makelaars hervat word, sal dit plaaslike Merino-telers bevoordeel.

Vrystaatse telers wat jaarliks ’n groot deel van hul produksie-aanwas aan Lesotho-burgers verkoop, is verheug oor die moontlikheid.

Mnr. Eddie Prinsloo, van Heuningkrans-Merino’s in die distrik Smithfield, is een van die telers wie se verkope benadeel is deur die boere van Lesotho se swak betaalvermoë sedert hulle verbied is om hul wol deur Suid-Afrikaanse makelaars te bemark.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.12
+0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.2%
Rand - Euro
18.01
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.57
-0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Goud
1,789.39
+0.2%
Silwer
22.88
+0.7%
Palladium
1,864.50
+0.6%
Platinum
1,007.00
+0.1%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,177
+0.5%
Alle aandele
74,351
+0.5%
Hulpbronne 10
73,750
+0.8%
Industriële 25
91,477
+0.8%
Finansiële 15
15,525
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot