“Ons verkoop normaalweg ons wol aan makelaars in Port Elizabeth, maar die Lesothoregering het verlede jaar alle boere gedwing om aan ’n plaaslike handelaar te verkoop,” sê mnr. Mahooana Thakali, ’n plaaslike diensverskaffer vir die Mateka-wol-en-bokhaarprojek in Lesotho se Bereastreek.
“Dit het betalings vertraag en was ’n reusekrisis. Die boere het selfs hul wol goedkoop aan plaaslike handelaars verkoop.”
Hy voeg by dat die situasie nou selfs slegter is aangesien boere nog nie vanjaar betaal is nie, al kan hulle nou wol en bokhaar na Port Elizabeth neem.