AFGRI
BEAN
08 Aug
-
8673
1,00
CORN
08 Aug
-
3997,4
26,40
SOYA
08 Aug
-
8780
60,00
SUNS
08 Aug
-
10300
-6,00
WEAT
08 Aug
-
6807
-79,00
WMAZ
08 Aug
-
4195
-25,00
YMAZ
08 Aug
-
4204
-16,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
29 Jul
-
60,38
0,45
Beeste AB2/3
29 Jul
-
58,48
0,27
Beeste B2/3
29 Jul
-
54,96
0,03
Beeste C2/3
29 Jul
-
47,7
-0,33
Bevrore Hoender
29 Jul
-
30,92
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
29 Jul
-
73,56
1,33
Bokooie
29 Jul
-
52,68
3,15
Groot (meer as 40 kg)
29 Jul
-
43,74
0,12
Hoender (IQF)
29 Jul
-
29,99
-0,06
Medium (30-40kg)
29 Jul
-
58,6
1,92
Pork Average
29 Jul
-
25,84
0,52
Poultry Average
29 Jul
-
30,84
0,04
Skaap A2/3
29 Jul
-
103,69
3,19
Skaap AB2/3
29 Jul
-
87,73
0,49
Skaap B2/3
29 Jul
-
80,62
-1,33
Skaap C2/3
29 Jul
-
77,93
-0,08
Speenkalf
29 Jul
-
37,01
0,05
Spekvarke
29 Jul
-
27,46
0,21
Stoorlammers
29 Jul
-
48,06
0,15
Varkwors
29 Jul
-
21,63
-0,07
Vars Hoender
29 Jul
-
31,63
0,08
Vleisvarke
29 Jul
-
25,68
0,50

Limpopo-boere raadop met veediefstal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Veeboere van die distrik Capricorn in Limpopo is moedeloos met onbeholpe en onbehulpsame polisielede wanneer dit by veediefstalsake kom.

“Ons het groot probleme in ons gebied en dit voel of ons geen samewerking van die polisie kry nie,” sê ’n boer van Botlokwa. “Vee- en wilddiewe plunder ons plase en wanneer ons die polisie bel om ’n voorval aan te meld, daag hulle eers twee tot drie uur later daar op. Ons kry dan geen terugvoer van die landelike veiligheidsverteenwoordiger oor ons sake en klagte nie.

“Trouens, ons word nie eens van vergaderings in kennis gestel nie, en as ons kennis kry, is dit op die dag van die vergadering, ’n uur of twee voor dit begin. Die meeste terugvoer wat ons kry, is die selfoonboodskappe wat ons dikwels binne ’n dag ná die voorval verwittig dat die saak gesluit is of dat alle leidrade opgevolg en die saak afgehandel is.

“Van inhegtenisnemings of vonnisse is daar nie sprake nie.”

’n Verteenwoordiger van die K-9 sekuriteitsmaatskappy se teenstropingseenheid sê hulle ervaar soortgelyke probleme in die distrik Mopani. “Ons weet van plekke waar tussen 40 tot 50 honde in hokke aangehou en aan stropers verhuur word. Ons het dit al by die polisie aangemeld, maar hulle doen niks daaraan nie.

“Dit is te gevaarlik vir ons as sekuriteitsmaatksappy om hierdie misdadigers op eie houtjie te konfronteer. Die laaste keer dat ek ’n wildstroper in ’n township hier naby in hegtenis geneem het, moes lede van vyf polisiekantore saamwerk om my uit die stropers se kloue te kom red.”

Hy het by die Limpopo-veediefstalforum se vergadering in Tzaneen vertel hoe alle personeel by hul maatskappy kameras aan hul lywe monteer om vals bewerings van vee- en wilddiefstalverdagtes te weerlê. Dit is glo algemene praktyk vir sulke diewe om klagtes van aanranding teen boere en sekuriteitspersoneel aanhangig te maak sodra hulle deur private persone aangekeer word.

Daar is glo voorvalle waar boere vermeende wilddiewe moes omkoop om aanrandingsake teen hulle terug te trek, want nog voordat daar ’n veediefstalsaak is, is boere wat vermeende veediewe aangekeer het, opgesluit.

Mnr. Uwe Kroh, wat pas benoem is as voorsitter van die Mopani- landelike veiligheidsforum, het onderneem om die klagtes in sy distrik dadelik met stasiebevelvoerders en daarna met distriksbevelvoerders op te neem, selfs met die provinsiale gesag as dit moet, want die huidige probleme dra daartoe by dat boere nie vee- en wilddiefstalvoorvalle aanmeld nie.

Hy het goeie verhoudinge met die polisie op distriks- en provinsiale vlak en het boere verseker dat dit nie die algemene gesindheid van die polisie in die distrik is nie. “In die een geval is dit net ’n sersant wat as landelike veiligheidsverteenwoordiger aangestel is, wat nie lus het vir sy werk nie en verhoudinge tussen boere en die polisie vertroebel.”

Dit is egter noodsaaklik dat hierdie kwessies aangepak word, sê mnr. Douw Pelser, voorsitter van die Limpopo-veediefstalforum. “Goeie verhoudinge moet tussen die regte mense aan albei kante gebou en versterk word sodat daar nie ruimte is vir vrot appels om nog ’n Pampoenkraal-situasie te kweek nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek n sielsgenoot.
Ek doen fotografie en is altyd op die uitkyk vir nuwe geleenthede en ander genres, bied fotografie werkswinkels aan vir n groepie afgetredenis wat jonk van gees is, Lief vir die...
Vrienskap/ geselskap met moontlikhede
Eerlike en probeer altyd positief wees. Hou van die natuur en probeer soveel as moontlik te oefen, draf en stap. Hou daarvan om te lag en die lewe te geniet.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot