AFGRI
BEAN
06 Jun
-
9643
0,00
CORN
06 Jun
-
4627
0,00
SOYA
06 Jun
-
7760
0,00
SUNS
06 Jun
-
8228
0,00
WEAT
06 Jun
-
6630
0,00
WMAZ
06 Jun
-
3704
0,00
YMAZ
06 Jun
-
3816
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Limpopo vat dieregesondheid vas

Die Limpopo Dieregesondheidsforum pak bedreigings tot SA se vee- en wildkuddes by die horings.

Die Limpopo Dieregesondheidsforum (LDGF) se laaste vergadering op 9 November is deur ’n groot aantal privaat- en staatsveaartse, sowel as verskeie wild- en veeboere bygewoon. Die siektes wat Limpopo, en dus Suid-Afrika (SA), se vee- en wildstapels bedreig is deeglik bespreek.

Die probleme rondom die toetsing van swartwitpense en buffels het veral aandag geniet en ontevredenheid is uitgespreek oor die huidige stelsel, luidens ’n verklaring van die organisasie. “Die rol en funksie van staatsveeartse, verantwoordelikhede van staats- en privaatveeartse in die proses, tydsverloop om toetsresultate beskikbaar te kry, logistieke rompslomp en die onakkurate merk van bloedmonsters is bespreek,” lui die verklaring.

Daar is aangevra dat die oprigting van private toetslaboratoriums ernstig oorweeg word. Kommunikasie met laboratoriums moet egter onmiddelik verbeter en “vee- en wildeienaars sal ’n groter rol moet speel om te verseker dat die totale proses van toetsing van diere volgens die voorskrifte verloop. ’n Groter rol vir privaatveeartse en eienaars van diere is aanbeveel”.

“Veral wildboere lei meermale groot finansiële skade weens onakkurate werk van ander partye. Dit sal in hul eie belang wees om meer intens by die verloop van die hele proses betrokke te raak. Veral deur te verseker dat monsters duidelik en netjies gemerk word, nommers korrek aangeteken word en dat indiening van die monsters bespoedig word.”

Limpopo se grens met buurlande, die merk van vee en skakeling met die Suid-Afrikaanse Polisiediens se wilddiefstaleenhede, asook bek-en-klouseer, brucellose en korridorsiekte was ook onder bespreking.

Veeartse is genooi om na afloop van die vergadering CPD-punte verdien deur middel van verskeie lesings. Dr. Faffa Malan van RuVASA het gepraat oor die bestuur van brucellose en dr. Jacques O’Dell van die Universiteit van Pretoria het siektes wat SA se wild- en veestapels bedreig, bespreek. ’n Lesing oor die sinchronisasie van ovulasie en vaste-periode-kunsmatige inseminasie is deur dr. Danie Odendaal van Veterinarian Network gelewer.

Die LDGF se volgende vergadering vind op 9 Februarie 2017 in Polokwane plaas. Alle veeartse en verteenwoordigers van lewendehawegroepe word genooi om dit by te woon. Kontak me. Wilma Prinsloo by w.prinsloo1@mweb.co.za of mnr. Willem van Jaarsveld by info@agrilimpopo.co.za vir meer inligting. Datums vir volgende jaar se vergaderings is op www.agrilimpopo.co.za te vinde.

Wie is die forum?

Die LDGF is op 12 Februarie 2016 in Polokwane gestig en skakel direk met die Nasionale Dieregsondheidsforum. Die forum se doel is om alle rolspelers wat op enige manier ’n belang by dieregesondheid het, gereeld bymekaar te bring om oor bedreigings, behoeftes en beleid te praat, luidens ’n verklaring van dié organisaie.

Sodoende kan die volhoubaarheid van lewendehaweboerdery verbeter word deur spesifieke fokus op kuddegesondheid en verbruikersbeskerming te plaas. Limpopo grens aan drie buurlande, wat die moontlikheid van die oorgrens-verspreiding van veesiektes na SA wesenlik maak.

“Veeartsenydienste in Limpopo behoort die beste in SA te wees aangesien Limpopo die buffer is vir ’n gesonde nasionale veestapel in SA,” sê dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregesondheidsforum.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.24
+0.1%
Rand - Pond
23.95
+0.1%
Rand - Euro
20.64
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.83
-0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
1,034.77
+3.0%
Palladium
1,421.61
-1.0%
Goud
1,959.29
-0.1%
Silwer
23.59
+0.1%
Brent-ruolie
76.71
+0.8%
Top-40
71,422
0.0%
Alle aandele
76,603
0.0%
Hulpbronne 10
69,348
0.0%
Industriële 25
103,842
0.0%
Finansiële 15
14,979
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wanted - best friend, lover and everything else
Enjoy the normal stuff like music, cooking together and whilst I am a tactile person - I also believe that we must be able to have our own 'me' time. Prefer private...
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot