AFGRI
BEAN
08 Des
-
9403
0,00
CORN
08 Des
-
4398,6
21,60
SOYA
08 Des
-
10558,8
58,80
SUNS
08 Des
-
10459,8
39,80
WEAT
08 Des
-
6700
37,00
WMAZ
08 Des
-
4815
2,00
YMAZ
08 Des
-
4420
35,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Listeriose: Verpligte standaarde tree in werking

akkreditasie
'n Vleisverwerkingsaanleg. Foto: Theuns Botha
'n Vleisverwerkingsaanleg. Foto: Theuns Botha
Die nuwe regulasies vir die beskerming van verwerkte vleis wat saamgestel is ná die uitbreking van listeriose in 2017 en 2018 in Suid-Afrika is van vandeesmaand (Oktober) verpligtend.

Altesaam 209 mense het weens die uitbreking gesterf en meer as duisend voorvalle is van 1 Januarie 2017 tot 5 Junie 2018 aangemeld. Dié statistieke het die regering laat besef dat Suid-Afrika geen verpligte voedselveiligheidstandaarde vir verwerkte vleis het nie. Verbeterde voedselveiligheid is met behulp van bestaande wetgewing, die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) 885, verseker terwyl die verpligte regulasies saamgestel is.

Die nuwe regulasies wat in werking tree, maak inspeksies van verwerkingsaanlegte moontlik om ’n soortgelyke uitbreking te voorkom.

Die verpligte spesifikasies vir verwerkte vleisprodukte (VC 9100) is opgestel deur die departement van handel en nywerheid met die samewerking van die departement van gesondheid. Hierdie regulasies sal afgedwing word deur die nasionale reguleerder vir verpligte spesifikasies (NRVS).

Die departement van handel en nywerheid het aangedui dat hy saam met die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling gaan werk om die nuwe regulasies ten opsigte van die Wet op Landbouprodukstandaarde af te dwing.

Die NRVS sal ’n uitgebreide reguleringsprogram vir inspeksies reg oor die land opstel wat dit vir die regering en die bedryf moontlik sal maak om enige voedseloorgedraagde bakterieë vroeg op te spoor.

Mnr. Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en ekonomiese ontwikkeling, sê die regulasies is ’n belangrike stap om te verseker dat die verbruiker teen skadelike voedseloorgedraagde bakterieë beskerm word. “Ons kosbedryf is belangrik vir die land se ekonomiese ontwikkeling en werkskepping.”

Regulasies

Die verpligte spesifikasies is van toepassing op die hantering, voorbereiding, verwerking, verpakking, verkoeling, vries, etikettering en opberging van hitte-behandelde en eetgereed-vleisprodukte soos bepaal in SANS 885.

Dit is egter nie van toepassing op blikkiesvleis, rou boerewors, wildswors, gemengde wildswors, hoendervleis en rooivleis (skaap, bok, vark en bees) wat onverwerk is nie. Produkte wat verwerk is op so ’n manier dat die produk steeds lyk soos die normale rou karkas, snit of stukke (gevries of ongevries), val ook nie onder die nuwe regulasies nie, want dit word deur ander relevante nasionale wetgewing gereguleer. Die regulasies kan hier besigtig word. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.16
-0.1%
Rand - Pond
21.01
-0.3%
Rand - Euro
18.12
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.62
-0.7%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,788.19
+0.1%
Silwer
23.05
+1.4%
Palladium
1,933.50
+4.3%
Platinum
1,009.00
+0.3%
Brent-ruolie
77.17
-2.8%
Top-40
68,282
+0.6%
Alle aandele
74,467
+0.6%
Hulpbronne 10
73,812
+0.8%
Industriële 25
91,705
+1.0%
Finansiële 15
15,540
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lawman
Wil vriende maak, mense ontmoet. Ek hoor ek is aantreklik, slim en interreasnt. Ek dink ek is goeie geselskap. , nooit vervelig nie. Ek is brutaal eerlik en verwag dieselfde.
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot