AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

LNR het entstof teen bek-en-klouseer gereed

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Johan Coetsee
Ter illustrasie. Foto: Johan Coetsee
Die Landbounavorsingsraad (LNR) het 180 000 dosisse entstof teen bek-en-klouseer vervaardig. Dit kan versprei word as ’n noodsituasie voorkom.

Hierdie goeie nuus het dr. Shadrack Moephuli, uitvoerende hoof van die LNR, aan die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling meegedeel.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het intussen bekend gemaak dat die toets van die primêre persele waar bek-en-klouseer verlede jaar in die munisipale gebied Molemole in Limpopo uitgebreek het, byna voltooi is en dat sekondêre persele geïdentifiseer vir opvolgtoetse is.

Die uitbreking is verbind met vier veilings op twee persele in September en Oktober verlede jaar. Voorlopige kwarantyn wat as ’n voorsorgmaatreël ingestel is, is opgehef by 127 persele wat met die uitbreking verbind word nadat hulle negatief getoets het.

Die LNR het in 2005 weens tegniese probleme en onvoldoende infrastruktuur opgehou om entstof te vervaardig. Entstof is verkry van die entstofinstituut in Botswana (BVI), wat entstof in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) lewer. Die LNR stoei al langer as ’n dekade om ’n nuwe entstoffabriek opgerig te kry. In die mediumtermyn-bestedingsraamwerk is R400 miljoen begroot vir die bou en vestiging van sy entstoffabriek. Hier sal ook kliniese eksperimente gedoen word vir die ontwikkeling van ’n breëspektrumentstof vir hartwater, knopvelsiekte, bokpokkies en bokpes.

Gidslaboratorium

Moephuli het gesê 60 000 dosisse entstof is vir elk van die drie stamme van die bek-en-klouseervirus in die gidslaboratorium vervaardig. Die gidslaboratorium is ’n klein laboratorium in die ou gebou wat opgeknap is en waar solank voortgegaan word om die nuwe entstof te vervaardig.

Hy het gesê die entstof is van baie hoë gehalte. “Ons het dit klinies getoets en weet dit is baie doeltreffend. Dit word opgeberg sodat dit beskikbaar is in ’n noodgeval.”

Die LNR was in die proses om ’n projekbestuurder vir die oprigting van die nuwe entstoffabriek aan te stel toe die inperking weens Covid-19 ingestel is. Onderhoude sal waarskynlik in Mei voltooi word. Die direksie van die LNR het onlangs goedgekeur dat ’n projekbestuurder met ervaring van bouwerk en bourekenaarkunde, asook kundiges in argiteksontwerp en die vervaardigingsproses, in pas met die internasionale standaarde vir goeie vervaardigingspraktyk, gewerf moet word.

Die LNR het reeds aangedui dat wanneer hierdie posisies uiteindelik gevul is, sal dit sowat drie jaar duur om die entstoffabriek voltooi. Die ontwerpfase sal sowat 449 dae sal duur, bouwerk 734 dae en bekragtiging sowat 540 dae.

Uitbreking

Sedert die uitbreking verlede jaar het 19 persele positief vir bek-en-klouseer getoets. Die jongste positiewe perseel is op 26 Februarie vanjaar by die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) aangemeld en geen nuwe positiewe persele is sederdien geïdentifiseer nie. Kwarantyn is by drie persele opgehef en 16 eiendomme is steeds onder kwarantyn. Die departement het aan agt besmette voerkrale toestemming verleen om diere te slag by twee aangewese abbatoirs. Meer as 9 000 diere van plase wat onder kwarantyn is, is geslag. Wanneer al die diere op die besmette persele geslag is, kan die kwarantyn opgehef word.

Die departement het ook aangedui dat handel in beesvleis met die meeste handelsvennote, insluitend Swaziland, hervat is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.58
-0.3%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.99
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.37
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
967.96
-1.6%
Palladium
1,393.12
-1.7%
Goud
1,941.52
-1.9%
Silwer
22.32
-1.0%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry nie een vir baie woorde nie.
Moet my leer ken sodat ek hulle kan leer ken. Nie een vir baie woorde nie. Maar eerlikheid is n moet.
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot