Dit is om te voldoen aan Suid-Afrika se eerste nasionale minimum loon wat na verwagting op 1 Mei 2018 in werking gaan tree.
Die huidige sektorale vasstelling vir huiswerkers, wat vir ’n tydperk van drie jaar geldig was, het op 30 November 2017 ten einde geloop. Me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, het in die Staatskoerant aangekondig dat die nuwe sektorale vasstelling vir hierdie groep op 1 Januarie in werking sal tree.
Volgens die nuwe vasstelling sal werkers in die groter metropolitaanse gebiede wat meer as 27 uur per week werk, se minimum loon R13,05 per uur of R2 544,55 per maand wees vir 45 gewone werksure per week. Vir werkers in plaaslike metropolitaanse gebiede sal dit R11,89 per uur wees, wat R2 318,37 per maand sal beloop.