AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8529
-33,00
CORN
17 Aug
-
4015
-47,00
SOYA
17 Aug
-
8705
-40,00
SUNS
17 Aug
-
10912
59,00
WEAT
17 Aug
-
6890
6,00
WMAZ
17 Aug
-
4320
-34,00
YMAZ
17 Aug
-
4235
-17,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Lourensford-brand: Twee brandbestryders beseer

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto ter illustrasie. Foto: Verskaf
Foto ter illustrasie. Foto: Verskaf
Twee brandbestryders is beseer terwyl hulle besig was om ’n brand, wat gistermiddag op die Lourensford-landgoed in Somerset-Wes ontstaan het, te bestry.

Volgens die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit (KWDM) se branddienste is grondspanne in die vroeë oggendure na die landgoed ontplooi.

Die brand het in die ou denneplantasie op die landgoed ontstaan. Dit is deur ’n kombinasie van gemengde plantegroei, buitengewoon hoë temperature en droë weer aangevuur. Die Stad Kaapstad se brand- en reddingsdiens is ontplooi, maar die brand het na die hoë, ontoeganklike gedeeltes van die landgoed versprei. Dit het ook na die Grootnek-omgewing tot in die Kaapse Wynland versprei.

KWDM se branddienste is sedert gistermiddag laat in gereedheid geplaas. Gedurende die vroeë oggendure is grondspanne wat uit sowat 40 lede bestaan, ontplooi. Volgens die Stad Kaapstad sal lugsteun vanoggend oor die Grootnek-gebied ontplooi word.

Me. Jo-Anne Otto, woordvoerder vir die KWDM, sê die distriksmunisipaliteit wens die beseerde brandbestryders spoedige beterskap toe. “Hierdie voorval beklemtoon die gevare wat ons brandbestryders en ander noodreaksiepersoneel in die gesig staar elke keer as hulle vir diens aanmeld.”

Mnr. JC Serfontein, produkspesialis by Husqvarna Suid-Afrika, sê elke seisoen word meer ekstreem weens klimaatsverandering. Volgens hom het veldbrande verlede jaar verliese van R3,5 miljard veroorsaak. Dit sluit die koste om brande te bestry en lewensverlies uit.

“Veldbrande is ’n noodsaaklike gedeelte van die natuur se lewensiklus, maar as dit nie beheer word nie of te dikwels plaasvind, vernietig dit woude, landbougrond en huise. Dit kan ook ernstige skade aan biodiversiteit rig.”

Hy gee die volgende raad om brandskade te vermy:

  • Vind by jou plaaslike brandbeskermingsvereniging uit wat volgens wet van jou verwag word om brande te voorkom. Werk saam met jou bure en die vereniging om brandbeheer te koördineer.
  • Ontwikkel ’n brandnoodplan wat veral brandstof, die weer en tipografie van jou gebied in ag neem. Sluit almal op jou plaas by die plan in en hersien dit jaarliks. Die plan kan onder meer insluit om gras kort te hou en ’n veilige hawe vir jou diere asook toegangs- en uitgangsroetes te identifiseer.
  • Verseker dat jy die nodige toerusting het en dat dié toerusting in stand gehou word. Maak seker dat die toerusting te alle tye gereed vir gebruik is. Lei jou span op om die toerusting te gebruik en hou gereeld oefeninge om te verseker dat almal weet wat om te doen.
  • Onderhou jou brandbane en werk saam met jou bure om te verseker dat julle voorbereid is.
  • Kyk na jou eiendom en identifiseer areas waar ’n vuur kan ontstaan. Byvoorbeeld, grens jou plaas aan ’n pad waar sigarette vanuit ’n voertuig gegooi kan word? Bekyk ook jou toerusting goed. Serfontein sê elke seisoen gaan gemiddeld ses stropers ter waarde van sowat R6 miljoen tot niet weens kaf wat in warm onderdele versamel.
  • Vermy die gebruik van trekkers, sweismasjiene en ander elektriese of brandstofaangedrewe toerusting op warm, winderige dae. Indien dit nie anders kan nie, maak seker dat die masjinerie in ’n goeie toestand is en dat toerusting vir die bestryding van ’n brand byderhand is.
  • Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
    Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
    Teken in
    Smalls

    Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

    Sien meer
    Rand - Dollar
    16.67
    -1.7%
    Rand - Pond
    20.08
    -1.2%
    Rand - Euro
    16.94
    -1.6%
    Rand - Aus dollar
    11.53
    -0.1%
    Rand - Jen
    0.12
    -0.8%
    Goud
    1,761.22
    -0.8%
    Silwer
    19.74
    -2.0%
    Palladium
    2,139.00
    -1.0%
    Platinum
    925.00
    -1.4%
    Brent-ruolie
    92.34
    -3.0%
    Top-40
    64,168
    -0.9%
    Alle aandele
    70,967
    -0.8%
    Hulpbronne 10
    63,227
    -3.3%
    Industriële 25
    87,430
    +0.4%
    Finansiële 15
    16,160
    -0.5%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Besoek ons winkel!

    Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

    Besoek LBW-winkel
    Opsitkers
    Natuurmens
    Ek is n natuur mens wat hou van die buitelewe. Ek is n God's kind. Baie lojaal en liefdevol. Ek is hou van gesels en romanse
    Twee halwes maak een!
    Eks lewenslustig, betroubaar, hardwerkend (een man vrou) energiek en hou van uitdagings. Ek hou van kosmaak, diere, mense en kinders. Eks n netjiese vrou en kyk mooi na myself.
    Vind jou perfekte maat nou!
    Ek is 'n:
    Op soek na:
    Ouderdomsgroep: tot