
Luidens die artikel het die hof dié munisipaliteit beveel om hul rekeninge te krediteer. Mnr. Ben Espach, direkteur van waarderings by Rates Watch, sê dié besluit is grensverskuiwend aangesien ’n hof nog nooit vantevore ’n munisipaliteit beveel het om dit te doen nie.
“Daar is in vorige sake bevind dat munisipaliteite se dade onwettig was, maar hulle is nog nooit beveel om belastingbetalers se geld terug te betaal nie.”
Die boere, wat met mielies, soja, koring, sitrus en beeste boer, het ’n gesamentlike saak as die Thaba Chweu Rural Forum aanhangig gemaak. Hul besware is gegrond op wetlike voorskrifte wat munisipale belasting vir landbougrond beperk tot 25% van die belasting wat op residensiële grond gehef word.
Die munisipaliteit het nie aan dié bepaling gehoor gegee nie en in een geval ’n boer se jaarlikse munisipale belasting vir die 2014-’15 boekjaar van R1 432,08 tot R149 448,60 verhoog.
Die hof het verder bevind dat daar geen konsultasieproses tussen die munisipaliteit en publiek was nie.
Die forum se voorsitter, mnr. Eric Johnson, sê die hof se bevinding is ’n groot verligting. Hy voeg by dat die hofsaak die boere se laaste uitweg was nadat hul 23 vergaderings met die munisipaliteit onsuksesvol was.
Lees die volledige artikel hier.
Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.