AFGRI
BEAN
02 Des
-
9238
-127,00
CORN
02 Des
-
4511
-39,00
SOYA
02 Des
-
10400
-18,00
SUNS
02 Des
-
10800
-86,00
WEAT
02 Des
-
6730
-15,00
WMAZ
02 Des
-
5016
-111,00
YMAZ
02 Des
-
4919
-40,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Maak R700 wins per speenkalf – Willemse

Beesboere kan wins van tot R700 met speenkalwers maak – met presisieboerdery, sê prof. Johan Willemse.

Teen huidige prysvlakke in voerkrale ly veeboere ’n verlies van sowat  R300 tot R400 per speenkalf, maar met presisieboerderytegnieke kan dié situasie dramaties verbeter sodat ’n boer tot R700 wins per speenkalf in sy sak kan steek.

Volgens prof. Johan Willemse, landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat en Landbouweekblad-rubriekskrywer, sê rooivleisboere moet by die Australiërs gaan kers opsteek oor hoe om te kompeteer met gehalte en handelsmerke, eerder as met prys.

Hy het tydens die Rooivleisabattoirvereniging (RVAV) se konferensie op Stellenbosch gesê die vleisbedryf het sekere “game changers” nodig, want hulle kan nie aanhou besigheid doen soos vantevore nie. “Die wêreld verander en die verbruiker gaan nie geld betaal vir vleis van ’n laer gehalte nie. Hy is onder druk en invoere is met ons, so ons kan nie met ons koste-basis voortgaan nie. Ons sal ons besigheid moet aanpas."

Kan  nie so aangaan nie

Volgens hom varieer die daaglikse gewigstoename, voeromsetverhoudings en slagpersentasies aansienlik op plase. Teen die heersende prysvlakke en ’n daaglikse gewigstoename van 1,46, ’n voeromsetverhouding van 4,65 en ’n slagpersentasie van 55,4 verloor ’n boer sowat R400 per speenkalf. “Jy kan nie so aangaan nie,” het Willemse gesê.

“Maar stel jou nou voor jy  kan speenkalwers (van dieselfde ras) selekteer wat groei teen 2,2 (GDT) en ’n slagpersentasie van 63% lewer. As jy met só ’n dier werk teen die huidige prysvlakke, sal jy ’n wins van R700 maak. Ons noem dit presisieboerdery.”

 Om diere te selekteer

Willemse sê tegnologie, soos radiofrekwensie-plaatjies (tags), raak boere se bondgenote om dié tipe diere te selekteer. Dit maak absolute naspeurbaarheid moontlik. Voerkrale kan dan boere uitsoek wie se teelmateriaal op standaard is en wat goeie presteerders oplewer. “Die swakste kalf moet steeds ’n opbrengs beteken.”

Willemse sê Australiese veeboere stel nie belang daarin om die goedkoopste produkte aan die mark te bied nie, maar hulle wil op premium-markte en met handelsmerke meeding.

“Hulle wil regtig vir die verbruiker ’n premium-produk gee. Hulle kan dit doen omdat hulle naspeurbaarheidstelsel  wêreldklas is. As jy ’n dier van geboorte af regdeur die abattoir tot op die Woollies-rak kan identifiseer, kan jy siektes bestuur en die spesifieke produk se kenmerke aan die verbruiker waarborg.”

* Lees ook: Tot R40/kg vir speenkalwers in 2017?

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
+0.4%
Rand - Pond
21.35
+0.7%
Rand - Euro
18.29
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.83
+1.0%
Rand - Jen
0.13
+0.4%
Goud
1,785.52
-1.0%
Silwer
22.67
-0.4%
Palladium
1,881.89
-3.2%
Platinum
1,015.50
-2.8%
Brent-ruolie
86.88
-0.1%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.6%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd om te Glo Liefde Bestaan
Ek is enkel lopend Vir 5 Jaar het te veel Seer gekry Al in my Lewe wil maar net weer n Vriendin ontmoet en Kyk of daar iets daar uit Kan ontwikkel of net vriende Kan Bly of wees...
Passievolle mensie opsoek na vriendskap en liefde
Vriendelike en opregte persoon. Opsoek na iemand met goeie morele waardes, lus vir die lewe. Passie vir liefde en die lewe.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot