AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Maatskaplike verdrag noodsaaklik vir werkskepping en groei

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Wandile Sihlobo. Foto: Jasper Raats
Mnr. Wandile Sihlobo. Foto: Jasper Raats
Verbeteringe aan spoor- en padvervoer, asook infrastruktuur by hawens word uitgelig as een van die voorkeurkwessies wat dringend aandag moet geniet.

As die regering sy mikpunte van versnelde ekonomiese groei en werkskepping wil bereik, sal hy vanjaar sy benadering tot ’n maatskaplike verdrag met die private sektor moet verskerp en ook besef watter kwessies eerste aandag moet geniet.

Hierdie waarskuwing kom van mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, in ’n meningstuk oor die belangrikheid van só ’n maatskaplike verdrag tussen die regering, arbeid en die bedryf. Dit vorm ’n belangrike deel van die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking en vele ander beleidsdokumente. Dit behels praktiese en uitvoerbare hervormingsprojekte om inklusiewe groei en werkskepping in landbouwaardekettings aan te dryf.

Hy sonder verbeteringe aan spoor- en padvervoer, asook infrastruktuur by hawens uit as voorkeurkwessies wat dringend aandag moet geniet. “Die landbousektor begin 2022 met verwagtinge van grootskaalse opeenhopings by Kaapstad se hawe as sitrusuitvoer begin. Terselfdertyd neem die kommer oor Durban se hawe en ander hawens ook toe. Daar is twyfel of hulle die mas sal opkom met uitvoer, tot nadeel van die bedryf.”

Noue samewerking tussen die regering, Transnet, die sakesektor en ander bedryfsbelanghebbendes is nodig om probleme op kort termyn die hoof te bied en te beplan vir oplossings op lang termyn. Hy sê dieselfde geld ander groot landbou-instellings soos die Landbounavorsingsraad en Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).

Skep vertroue

“Die regering sal sy benadering moet verander en die sakesektor as deel van die oplossing vir Suid-Afrika se probleme sien. Vertroue moet geskep word en daar moet dienslewering wees om geloofwaardigheid te versterk. Die regering moet ook beleidskwessies, wat geen kapitaal verg nie, vinnig opgelos kry en die vooruitgang daarmee bekend maak om vertroue aan te wakker.”

Hy verwys na voorbeelde waar die sakesektor en die regering saamgewerk het om sukses te behaal. Wat die landbou betref, was daar die probleme by Durban se hawe verlede jaar en die onluste in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng. Almal het saamgewerk om veiligheid te bevorder en die vervoer van produkte moontlik te maak. Uitvoer kon verhoog word al het dit subsektore soos tuinbou aansienlik meer gekos.

“Deur die samewerking is die uitvoer van landbouprodukte, voedsel en drank in die eerste drie kwartale van 2021 verhoog tot $9,6 miljard (R147 miljard). Dit is 23% hoër as in die ooreenstemmende tyd die vorige jaar. Regeringsprogramme soos die Jobs Fund het ook talle swart boere gehelp om kommersieel te kon produseer.”

Sihlobo beklemtoon dat werkloosheid en ’n gebrek aan groei nie nuwe probleme is nie. “Hoë werkloosheid is al ’n kenmerk van die plaaslike ekonomie oor baie jare. Ekonomiese groei was teleurstellend in die dekade voor die covid-19-pandemie ook. Die regering erken sy fiskale beperkinge en kapasiteitsprobleme op die verskeie vlakke van regering en die noodsaaklikheid om die private sektor te betrek. Korrupsie, wat oor die afgelope dekade erger geword het, het die kapasiteitsprobleme by staatsinstellings vererger. In die landbousektor is die swak dienslewering by OBP een van verskeie voorbeelde.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.58
-0.3%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.99
-0.7%
Rand - Aus dollar
12.37
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
967.96
-1.6%
Palladium
1,393.12
-1.7%
Goud
1,941.52
-1.9%
Silwer
22.32
-1.0%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry nie een vir baie woorde nie.
Moet my leer ken sodat ek hulle kan leer ken. Nie een vir baie woorde nie. Maar eerlikheid is n moet.
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot