AFGRI
BEAN
09 Jun
-
9488
0,00
CORN
09 Jun
-
4488
0,00
SOYA
09 Jun
-
7592
0,00
SUNS
09 Jun
-
8364
0,00
WEAT
09 Jun
-
6614
0,00
WMAZ
09 Jun
-
3557
0,00
YMAZ
09 Jun
-
3637
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Mantashe gekap oor transformasie en kaderontplooiing

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie. Foto: GCIS
Mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie. Foto: GCIS
Saai, die netwerkorganisasie vir familieboere, het baie vrae oor mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, se definisie van transformasie en kaderontplooiing.

Saai, die netwerkorganisasie vir familieboere, sê hy is baie aktief betrokke by die ontwikkeling en opleiding van swart boere, maar as die regering mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, se definisie van transformasie as kaderontplooiing ondersteun, wil Saai nie betrokke wees nie.

“Transformasie mag nooit beteken dat net ANC-lojaliste betrokke moet wees of noodwendig voordeel moet trek by ontwikkelingsprogramme nie. Dit skree ten hemele,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter.

Hy sê die landbousektor kreun onder ondoeltreffende dienslewering en die vernietiging van infrastruktuur en werkgeleenthede wat onder die vaandel van “transformasie” deur korrupte, rasbehepte en onbevoegde ANC-kaders in magsposisies veroorsaak word.

“Net soos wat apartheid ’n versamelwoord geword het vir alles wat in ’n vorige bedeling verkeerd was, het die ANC deur kaderontplooiing van transformasie ’n oorkoepelende woord gemaak vir staatskaping, korrupsie, onbevoegdheid, nepotisme en verval in die staat- en die private sektor.” De Jager sê die eerste deel van die Zondo-kommissie se verslag beklemtoon die verband tussen kaderontplooiing (Mantashe se “transformasie”), staatskaping en verval.

Regter Raymond Zondo wys in die eerste deel van sy verslag hoe korrupte kaders die grondslag vorm vir staatsfunksies en selfs geprivatiseerde dienslewering wat in duie stort. “Mantashe het in sy verklaring geen poging aangewend om uit te wys waar die eerlike, eerbare of doeltreffende kaders vir transformasie-aanstellings gesoek kan word nie.”

De Jager sê Saai dien die belange van familieboere van alle groottes, rasse en geslagte. Mantashe se beskouing hou ’n wesenlike bedreiging in vir klein en mediumgrootte boerderye. Die implikasie van sy veronderstelling dat slegs kaderontplooiing sinvolle transformasie verteenwoordig, is dat alle swart ekonomiese bemagtiging in die landbou ANC-goedgekeurde kaders moet betrek.

“Boere verkeer onder enorme druk om op groot risiko en koste die rekening vir die transformasie van die sektor op te tel. Buiten die feit dat Saai nie daarin glo dat individuele boere en sakelui op grond van rasgegronde kriteria die koste van ’n nasionale verantwoordelikheid moet dra nie, het die toepassing van die kaderontplooiingsbeleid van die ANC ’n duidelike misdadige ondertoon, wat die kern van die Zondo-bevindinge vorm.”

Trotse rekord

Hy beklemtoon dat Saai ’n trotse rekord het van landbou-opleiding en -ontwikkeling waaruit duisende swart boere ’n voordeel trek. Dit sluit swart beheerde, kommunale, voorstedelike, kleinskaalse, kommersiële en grondhervormingsboerderye in. Saai het ook aan duisende swart boere op alle vlakke ramphulp en kospakkies verskaf toe die staat versuim het om dit te doen en toe staatshulpbronne wat daarvoor geoormerk is, gesteel of vermors is.

Hy het onder meer verwys na projekte saam met Agri All Afrika, AfriForum en Pioneer Saad by die bevordering van boerderybedrywighede van die Barolong Boo Seleka-gemeenskap in die Oos-Vrystaat. Daar is ook verskeie voorbeelde waar Saai namens begunstigdes van die staat se herverdelingsprogram in die Transkei, Mpumalanga, Wes-Kaap en Limpopo baklei het toe hulle onregmatig tot voordeel van ontplooide kaders en tenderpreneurs van hul grond afgeskop is.

“Rand vir rand is ons honderde kere suksesvoller as die staat met landbou-ontwikkeling. Maar as Mantashe se definisie van transformasie as kaderontplooiing geld, is Saai nie bereid om sy samewerking te gee nie.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.71
+0.7%
Rand - Pond
23.52
+0.1%
Rand - Euro
20.15
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.61
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Platinum
1,008.54
0.0%
Palladium
1,323.40
0.0%
Goud
1,961.00
0.0%
Silwer
24.29
0.0%
Brent-ruolie
74.79
-1.6%
Top-40
71,602
-0.1%
Alle aandele
76,936
-0.1%
Hulpbronne 10
68,393
-1.2%
Industriële 25
102,984
-0.4%
Finansiële 15
15,877
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Plat op die aarde kom oor die wet almal
Ek is een van daai mense wat die pad sal loop saam mense wat die pad saam my sal loop
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot