AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Mantashe & kie wil appelleer teen Wildekus-uitspraak

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie. Foto: GCIS
Mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie. Foto: GCIS
Shell en Impact Africa het toestemming gevra om te appelleer nadat die hof hul toestemming om langs Suid-Afrika se Wildekus vir olie en gas te prospekteer ter syde gestel het.

Mnr. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, die petro-chemiese maatskappy Shell en Impact Africa, ’n private maatskappy wat vir olie en gas prospekteer, het aansoek om verlof tot appèl ingedien teen die tersydestelling van Mantashe se toestemming vir seismiese ondersoeke langs die Wildekus van Suid-Afrika.

In Julie het regter Selby Mbenenge, die Oos Kaapse regter-president, bevind die departement van minerale hulpbronne en energie het onwettig aan Shell en Impact Africa die toestemming vir seismiese toetse gegee en dit ter syde gestel.

In ’n hersieningsverhoor op 1 September het ’n volbank regters in die Oos-Kaapse hooggeregshof bevind dat die besluit om prospekteerregte toe te staan en die gevolge daarvan nie met geaffekteerde gemeenskappe bespreek is nie.

Die hof het die besluit om prospekteerregte toe te staan summier ter syde gestel op grond daarvan dat die prosedure wat gevolg is, onregverdig was.

Die hof het ook daarop gewys dat die besluit om toestemming te verleen nie faktore soos klimaatsverandering en plaaslike mense se reg tot voedsel oorweeg het nie.

Die toestemming wat Mantashe se departement gegee het, ignoreer ook die bepalings van die Wet op Geïntegreerde Kusbestuur (Wet 24 van 2008) en slaag nie daarin om geleenthede vir voorheen benadeelde mense te skep om aan die mineraal- en petroleumbedryf deel te neem soos vereis nie.

Kortom, die departement het na die belange van Shell en Impact Africa omgesien ten koste van die mense van die Wildekus en hul regte.

Die saak is voor die hof gebring deur verskeie belangegroepe van vissersgemeenskappe tot nie-regeringsorganisasies wat hulle op die klimaat en natuurbewaring toelê.

Hof is ‘verkeerd’

Shell, Impact Africa en die minister dring in hul aansoek tot verlof om appèl egter daarop aan dat die publiek voldoende kennis van die toestemmingsbesluit ontvang het en dat die hof te lank gewag het om die besluit ter syde te stel.

Hulle meen ook die hof is verkeerd in sy aanname dat prospektering ’n stap in die proses tot produksie en ontbranding van olie en gas is.

Die hof moes volgens hulle ook nie spesialisverslae oor die nadelige gevolge van seismiese ondersoeke op die omgewing oorweeg het nie.

“Die hooggeregshof in Makhanda het reeds bevind dat Mantashe partydig opgetree het in die guns van Shell en Impact Africa,” sê mnr. Cormac Cullinan van Cullinan & Associates, een van die regsfirmas wat die appèlaansoek teenstaan.

“As ons werklik ’n einde aan beurtkrag wil maak, kan ons nie meer as ’n dekade wag vir duur, skadelike megaprojekte om op dreef te kom nie. Energiemodelle wys duidelik dat hernieubare energie die vinnigste en goedkoopste manier is om broodnodige kapasiteit tot die nasionale kragnetwerk toe te voeg.”

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
+1.1%
Rand - Pond
22.25
+0.9%
Rand - Euro
19.62
+1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.0%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,429.62
-0.9%
Goud
1,997.01
+1.4%
Silwer
23.11
+0.6%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gemaklik met 'n goeie sin vir humor
Ek is 'n "easy going" persoon met 'n goeie sin vir humor. Ek hou van die bos en geniet die see miskien 'n bietjie meer. Ek is 'n baie positiewe...
Rustig
.,. . . . . . is byna sigbaar vir ander Die volgende beskrywings gee lede 'n voorsmakie van jou persoonlikheid en wie jy werklik is. Moenie bekommerd wees om dit die eerste...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot