AFGRI
BEAN
06 Des
-
7501
0,00
CORN
06 Des
-
3735
28,00
SOYA
06 Des
-
7544,8
44,80
SUNS
06 Des
-
10820
102,00
WEAT
06 Des
-
6220
-5,00
WMAZ
06 Des
-
3520
17,00
YMAZ
06 Des
-
3755,4
16,40
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Markte noodsaaklik vir verhoogde produksie – BFAP

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Baie klem word geplaas op die verbetering van produtiwiteit in saaiboerdery in Afrika, maar nie genoeg klem op die ontwikkeling van infrastruktuur en waardekettings vir die verwerking van hierdie kommoditeite sodat surplusse uitgevoer kan word nie.

Prof Ferdi Meyer, direkteur van die buro vir voedsel- en landboubeleid (BFAP), het op die jaarsimposium van die vereniging vir veevoervervaardigers (Afma) gesê Afrika het vanjaar sy grootste mielie-oes ooit behaal met ’n geraamde 45 miljoen ton. Dit is twee keer meer as die 20 miljoen ton van 2000. Meyer, wat oor toekomstige groei in veral die graan- en oliesadebedryf gepraat het, het gesê as daar nie markte en verwerkingsaanlegte is nie, stort pryse in duie, want dit is te duur om hierdie kommoditeite uit te voer, veral vanuit lande wat nie aan die see grens nie.

Hy het verwys na opbrengste in Afrika wat drasties kan verhoog. In 2000 was dit gemiddeld 1,68 t/ha en vanjaar 2,57 t/ha. “In baie van hierdie produksiegebiede is opbrengste van 6 t/ha en 8 t/ha moontlik met die regte boerderypraktyke, kultivars en toegang tot insetmiddele. Dit is belangrik om produksie te verhoog, maar dan moet daar markte vir die surplusse wees.”

Suid-Afrika bevind hom in ’n soortgelyke situasie. Die geleenthede vir inklusiewe groei is moontlik deur uitvoer te verhoog, invoervervanging en waardetoevoeging. Meyer het daarop gewys dat die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking die waarde van produksie met ’n verdere R6,4 miljard kan opstoot teen 2030. Gewasproduksie kan met 388 000 ha uitgebrei word, waarvan 230 000 ha grond is wat vir hervorming aangekoop is en onderbenut word.

Twee fantastiese seisoene

Hy het gesê Suid-Afrika het twee fantastiese seisoene agter die rug, met groei in produksiewaarde van 13% verlede jaar en verdere groei van 7% vanjaar. Mielies het veral goed gedoen, gegewe relatief goeie pryse. In 2017 was daar ’n rekordoes van meer as 17 miljoen ton wat teen ’n gemiddelde prys van R2 300/t ’n bruto produksiewaarde van R33 miljard opgelewer het. Hoewel vanjaar se oes kleiner is en nou op 16,2 miljoen ton staan, raam BFAP die bruto produksiewaarde op R54 miljard vanweë ’n hoër prys. Dit is by verrre die grootste oes ooit wat waarde betref.

Ook vir wintergewasse soos koring, gars en kanola was die produksiewaarde baie hoër vanweë ’n kombinasie van goeie weer, bogemiddelde opbrengste en goeie pryse op die wêreldmark.  “Daarom het die landbousektor baie beter gevaar as enige ander sektor in die ekonomie. Ons praat egter baie oor produksie, maar daar kan nie produksie sonder ’n mark wees nie. Die mark moet ’n vraag skep en die voermark speel veral ’n deurslaggewende rol.”

BFAP voorsien dat tot in 2030 die produksie van witmielies met 9% sal styg, geelmielies met 13%, koring met 14%, sojabone met 43% en sonneblom met 21%. Die meeste groei sal vanweë ’n verhoging in produktiwiteit wees.

Vervoerinfrastruktuur

Meyer het beklemtoon dat die vervoerinfrastruktuur ’n netelige kwessie geword het wat ernstige aandag vereis. “Net wat tuinbouprodukte betref, word verwag dat uitvoer in die volgende dekade met 50% sal verhoog. Graanuitvoer sal ook moet verhoog, veral as ons onderontwikkelde gebiede wil benut, maar dan het ons doeltreffende hawens en vervoerstelsels nodig.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
+0.2%
Rand - Pond
21.22
+0.2%
Rand - Euro
18.10
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.25
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,784.57
0.0%
Silwer
22.46
-0.4%
Palladium
1,796.00
-1.1%
Platinum
939.54
+0.3%
Brent-ruolie
69.88
+0.3%
Top-40
64,575
+0.4%
Alle aandele
71,069
+0.4%
Hulpbronne 10
66,976
+0.7%
Industriële 25
93,955
+0.2%
Finansiële 15
14,018
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons skryf ons eie boek
Ek is n 34jaar oue goeie man wat opsoek is vir n vrou wat haar lewe met my wil deel is ek is n kind van God en sal graag iemand wil hê met die selfde waardes ek is n ou wat...
Ek is jou Verlore legkaart
God kom eerste in my lewe, verder is ek maar net ek een uit n duisend, rustig lief vir als wat mooi is positief en aan die gang kom leer my ken en beslyit vir jouself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot