
Adj.off. Marobo Seabela,
polisiewoordvoerder, sê die polisie het op Woensdag 3 Augustus omstreeks 03:00
inligting van die gemeenskap ontvang oor onbekende mans wat besig was om
netwerkbokse uit te grawe en koperkabels te knip.
Die eerste verdagte is naby ’n vulstasie in hegtenis geneem. Die agt netwerkbatterye is in sy besit gevind en hy is vir die besit van gesteelde eiendom in hegtenis geneem.
Lede van die plaaslike gemeenskap het saam met private sekerheidsmaatskappye die ander verdagtes opgespoor. Omstreeks 08:00 is inligting ontvang dat die ander vyf verdagtes naby ’n plaas by Senekal is. Die span het vinnig gereageer en nog drie verdagtes in hegtenis geneem. Die ander twee het probeer wegkom, maar is ook in hegtenis geneem.
Die ses mans, tussen die ouderdom van 23 en 30, verskyn vandag in die Marquard-landdroshof op aanklagte van die oortreding van immigrasiewetgewing, die besit van gesteelde eiendom en die beskadiging van infrastruktuur.