AFGRI
BEAN
26 Me
-
9371
0,00
CORN
26 Me
-
4480
0,00
SOYA
26 Me
-
7813
0,00
SUNS
26 Me
-
8220
0,00
WEAT
26 Me
-
6690
0,00
WMAZ
26 Me
-
3644
0,00
YMAZ
26 Me
-
3750
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
12 Me
-
171,55
-1,00
Ave Wool - RWS
12 Me
-
187,51
-2,00
Beeste A2/3
12 Me
-
54,18
0,36
Beeste AB2/3
12 Me
-
53,38
1,10
Beeste B2/3
12 Me
-
49,24
1,21
Beeste C2/3
12 Me
-
46,69
0,83
Bevrore Hoender
12 Me
-
34,02
0,01
Bokkies (onder 30 kg)
12 Me
-
54,11
1,43
Bokooie
12 Me
-
45,19
4,99
Groot (meer as 40 kg)
12 Me
-
47,21
1,85
Hoender (IQF)
12 Me
-
32,78
-0,26
Medium (30-40kg)
12 Me
-
48,05
0,05
Pork Average
12 Me
-
30,1
0,51
Poultry Average
12 Me
-
33,63
-0,08
Skaap A2/3
12 Me
-
81,25
-3,39
Skaap AB2/3
12 Me
-
71,07
-5,53
Skaap B2/3
12 Me
-
59,28
1,05
Skaap C2/3
12 Me
-
53,58
-3,44
Speenkalf
12 Me
-
31,71
0,67
Spekvarke
12 Me
-
30,61
-0,29
Stoorlammers
12 Me
-
41,49
-0,79
Varkwors
12 Me
-
23,9
-0,76
Vars Hoender
12 Me
-
34,08
0,01
Vleisvarke
12 Me
-
30,04
0,57
Deel

Mashatile moet bontstaan oor Jagersfontein-ramp

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Mnr Paul Mashatile kort voor sy eerste vraag-en-antwoordsessie in die parlement. Foto: GCIS
Mnr Paul Mashatile kort voor sy eerste vraag-en-antwoordsessie in die parlement. Foto: GCIS
Mnr. Paul Mashatile, nuwe adjunkpresident, beoog om Jagersfontein én verskeie tradisionele leiers te besoek om oor dringende kwessies, soos watervoorsiening en grondhervorming, te gesels.

Mashatile het Donderdag sy eerste vraag-en-antwoordsessie in die parlement gehad. Dié sessie is met bykans ’n uur vertraag nadat rook brandalarms in die Kaapstad-stadsaal laat afgaan het.

Tydens die sessie het hy onder meer gesê die regering sal voortgaan om grondhervorming te bespoedig. “Baie werk is al in hierdie verband gedoen, maar baie meer moet nog gebeur om seker te maak ons mense in landelike gebiede pluk ook die vrugte van ekonomiese voordele danksy ons land se demokrasie.”

Hy het melding gemaak van verskeie projekte wat konsentreer op infrastruktuur wat die regering reeds in landelike gebiede begin het. “Van die projekte sluit in besproeiingskemas en infrastruktuur wat meganisasie bevorder, die oprig en verbetering van onder meer agriparke, diereklinieke, boorgate, diptenke, omheinings en hulp aan bestaansboere.”

Volgens hom het 107 bestaansboere reeds geregistreer vir die koeponstelsel van die staat om hierdie boere te help om voer vir hul diere te koop en gewasse te kweek.

Samewerking met tradisionele leiers

Mashatile het ook onderneem dat die regering pogings sal aanwend om die verhoudings en vennootskappe met tradisionele leiers te versterk en meer te gesels oor veral die verdeling daarvan.

“Ons sal verskeie kwessies tydens opkomende vergaderings met tradisionele leiers bespreek,” het hy gesê. “Ons wil seker maak ons mense kry toegang tot grond sodat hulle kan boer en hierdie verbintenis is nie net rondgooi van slagspreuke nie.”

Hy het ook genoem die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het met die proses begin om die beleid oor gemeenskaplike grond saam te stel wat onder meer kwessies soos eienaarskap sal aanpak.

Jagersfontein se waterkrisis

Mashatile moes ook bontstaan om vrae oor die Jagersfontein-ramp te beantwoord, veral in die lig van Bloemwater se besluit om toevoer tot al nege dorpe in die munisipale gebied Kopanong se watervoorsiening tot 30% te beperk.

Me. Heloise Denner van die Vryheidsfront het Mashatile het onder meer gevra wat die regering doen om die agterstallige skuld van ongeveer R600 miljoen wat die Kopanong aan Bloemwater skuld, aan te pak.

“Weens wanbetaling van uitstaande skuld wat die munisipaliteit aan Bloemwater skuld en geen realistiese plan op die tafel om die skuld aan te pak nie, het Bloemwater besluit om die watertoevoer in te perk. Ons bly verbind om in hierdie verband tot die saak toe te tree om die probleem op te los,” was Mashatile se antwoord.

Denner wou ook weet wat die regering se planne ten opsigte van verdere hulpverlening aan Jagersfontein is ná die slikramp verlede jaar. Die dorp is ook deel van die Kopanong.

“Kopanong het al vir sewe jaar vóór die ramp gesukkel met watertoevoer. Wat gaan die regering doen om te help om die perk op 30% deur Bloemwater te verlig? Die mense van Kopanong het dringend water nodig,” het sy gesê.

Volgens Mashatile is ’n taakspan onderweg, of reeds op Jagersfontein, om van hierdie kwessies te ondersoek. “Hierdie span moet probleme ondersoek en oplossings vind voordat ekself die gebied gaan besoek. Ons soek oplossings voordat ek gaan, ek gaan nie soontoe op ’n imbizo nie, ek wil gaan omdat die president opdrag gegee het dat verskeie brandpunt-munisipaliteite besoek moet word en oplossings vir probleme gevind word.”

Hy het bevestig Jagersfontein en Kopanong is deel van die landelike dorpe en plaaslike munisipaliteite wat as brandpunte van swak dienslewering geïdentifiseer is.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.66
+0.7%
Rand - Pond
24.27
-0.0%
Rand - Euro
21.10
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,022.46
0.0%
Palladium
1,423.51
0.0%
Goud
1,946.75
0.0%
Silwer
23.32
0.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,404
+0.6%
Alle aandele
76,590
+0.5%
Hulpbronne 10
67,438
+0.5%
Industriële 25
106,353
+1.0%
Finansiële 15
14,654
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkellopende man opsoek na sy prinses.
Tall dark and handsome 😆 my profiel foto is onlangs geneem. Nie sleg vir 44 nê? Afrikaans. Hou van goeie musiek, Netflix, kosmaak, braai en lekker kuier. Ek geniet...
Net lekker Geselskap
Spontaan en hou van mense met n lekker persoonlikheid soek asb nie iemand wat aan n bottel vasgemaak is nie en ook nie met tonne probleme nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot