Nadat die verslag oor “ongeregverdigde prysverhogings” bekend gemaak is, het Agbiz Grain kapsie gemaak teen van die stellings wat die kommissie maak.
Ook prof. Johann Kirsten, direkteur van die Buro vir Ekonomiese Navorsing aan die Universiteit Stellenbosch, het aan Business Day gesê daar is ’n gebrek aan analise in die verklaring en dat die gevolgtrekking dat prysstygings ongeregverdig was, onverantwoordelik is.
Die kommissie, wat ook besig is met ’n ondersoek na hoë pryse vir vars produkte, meen dat daar “groter verskille is tussen die plaashekpryse en winkelpryse van voedselitems, groeiende marges op verwerker- en kleinhandelaarsvlak en potensiële opportunistiese prysgedrag vir stapelvoedselprodukte soos brood en kookolie.''