
'n Nuwe afdeling op Landbou.com, wat deur Property24 gebou is, huisves tans sowat 13 800 plase in al nege provinsies in Suid-Afrika. Individuele eiendomsagentskappe laai die besonderhede van die plase wat te koop is, op die webwerf. Dié webwerf word voortdurend bygewerk en plase wat verkoop is, word so gou as moontlik verwyder.
Die meeste plase wat te koop is, is in Gauteng (sowat 3 600) gevolg deur die Wes-Kaap met sowat 3 400. In Noordwes is sowat 1 600 plase gelys wat te koop is.
Besoekers op die webwerf kan soektogte verfyn deur bv. in ’n sekere prysklas in ’n provinsie te soek, asook in sekere distrikte, soos in die distrik van Brandfort, waar sowat 30 plase te koop is.
Die advertensies vertoon gewoonlik verskeie foto's van die plaas, soos die opstal, damme, landerye en so aan, asook 'n Google-kaart van die ligging. Die agente se kontakbesonderhede is ook beskikbaar.
Die webwerf het ook ’n kleiner afdeling vir plase wat te huur is.
Klik hier om die afdeling te besoek, of kyk op die boonste navigasiepaneel op landbou.com, en klik op “Plase”.
http://property.landbou.com/