AFGRI
BEAN
30 Me
-
9667,6
-9,40
CORN
30 Me
-
4716
50,00
SOYA
30 Me
-
7890
-26,00
SUNS
30 Me
-
8280
-47,00
WEAT
30 Me
-
6650
41,00
WMAZ
30 Me
-
3715
49,00
YMAZ
30 Me
-
3854
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Meer as 60 skape en boerbokke in brande verloor

akkreditasie
'n Veldbrand woed by Koppies in die Vrystaat. Foto: Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings
'n Veldbrand woed by Koppies in die Vrystaat. Foto: Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings
Skape, boerbokke en wild het gevrek weens veldbrande wat sedert Saterdag in die Vrystaat voorgekom het.

’n Boer en twee vrywillige brandbestryders is tydens die brande beseer, terwyl sowat 500 bale voer, ’n stoor en 13 800 ha se weiveld afgebrand het.

Mnr. Johann Breytenbach, hoofbestuurder van die Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings, sê drie brande was veral moeilik om onder beheer te bring.

Dié drie brande het by Vredefort, Koppies en Virginia voorgekom.

“Warmer toestande en sterk winde van tot 55km/h het toestande geskep wat die brande aangevuur het en vinnig laat versprei het,” sê Breytenbach.

In die distrik Koppies het 4 560 ha se weiveld afgebrand. Verskeie geboue is ook in dié brand verwoes, en ’n plaasskool is erg beskadig. “Volgens aanvanklike inligting het dié brand ontstaan weens ’n arbeidsdispuut, maar geen verdere inligting is nog in dié verband beskikbaar nie,” sê Breytenbach. 

'n Veldbrand woed by Koppies in die Vrystaat. Foto: Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings
'n Veldbrand woed by Koppies in die Vrystaat. Foto: Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings

’n Boer is ernstig beseer in die brand wat tussen Vredefort en Viljoenskroon voorgekom het, terwyl 2 440 ha se weiveld verwoes is en 40 skape, 29 boerbokke en verskeie stuks wild dood is. Sowat 6 800 ha het in die distrik Virginia gebrand weens ’n vuur wat glo ontstaan het by werkers se huise op ’n plaas. Twee persone het ligte beserings opgedoen, terwyl ’n bakkie en stoor beskadig is.

Brandseisoen in volle swang

Breytenbach sê die brandseisoen is in volle swang, en weerstoestande wat tot wegholbrande kan lei word van vroeg die week af in die provinsie ondervind weens die koue front wat oor die land beweeg.

“Die ergste brande kom voor wanneer frontale stelsels oor die provinsie beweeg. Dié stelsels veroorsaak sterk winde uit die noorde, wat stelselmatig na suide verander soos wat die stelsel oor die provinsie beweeg.”

Die winderige toestande, asook die feit dat die omgewing droog is en dus vinnig vatbaar is vir brande, veroorsaak dat brande vinnig versprei en teen ’n erge intensiteit brand. Hy vra boere, landelike gemeenskappe en die publiek om uiters waaksaam te wees in dié toestande.

Breytenbach doen ’n beroep op álmal om sover moontlik nié oop vure te maak nie, en om ook nie sigaretstompies in die veld te gooi nie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.76
-0.5%
Rand - Pond
24.54
-1.0%
Rand - Euro
21.20
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.93
-0.5%
Rand - Jen
0.14
-0.7%
Platinum
1,033.16
+0.3%
Palladium
1,440.38
+0.8%
Goud
1,954.18
+0.6%
Silwer
23.26
+0.4%
Brent-ruolie
77.07
+0.2%
Top-40
71,774
+0.5%
Alle aandele
76,852
+0.3%
Hulpbronne 10
68,132
+0.3%
Industriële 25
106,839
+0.5%
Finansiële 15
14,557
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Liefde voll
Eerlik opregte liefde volle persoon. Lief vir natuur en diere. Hou van still plattelandse lewe. Hard werkend en nog volle lewe gee my alles vir die regte persoon. Aanvaar my met...
Wonderwerke vir Liefde....
Leer my ken om uit te vind. daar is baie! Ek hou van te veel dinge, die natuur en nuwe uitdagings. Stap in die berge, kamp onder die sterre. n motorfiets - en laat slaap is ook...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot