AFGRI
BEAN
02 Jun
-
9580
0,00
CORN
02 Jun
-
4677
0,00
SOYA
02 Jun
-
7767
0,00
SUNS
02 Jun
-
8137
0,00
WEAT
02 Jun
-
6670
0,00
WMAZ
02 Jun
-
3681
0,00
YMAZ
02 Jun
-
3802
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Meer as 80 vraghouers bessies sit in hawens vas

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die bessiebedryf is in die nood en 30 000 mense wat van die sektor afhanklik is vir hul lewensbestaan, se werk is in gedrang weens die Transnet-staking.

“Ongeveer 90% van die 30 000 werknemers in die bedryf is vroue in landelike gemeenskappe wat nou ekonomies kwesbaar raak weens die staking,” sê mnr. Justin Mudge, voorsitter van BerriesZA. Hy sê Suid-Afrika se bessiebedryf verloor R134 miljoen per week weens die impak van die Transnet-staking omdat bessies nie uitgevoer kan word nie.

Volgens ’n vorige vooruitskatting – voor die staking – kon die bessiebedryf gedurende die huidige seisoen tot R3 miljard se inkomste uit uitvoer genereer.

“BerriesZA is baie bekommerd oor die vooruitsigte vir die bedryf namate daar geen einde aan die staking in sig is nie. Volgens aanduidings sit meer as 80 vraghouers vol bessies wat bestem is vir Europese markte, in die hawens vas. Die staking kos die bedryf meer as R134 miljoen per week en só word duisende mense se werk in gevaar gestel.”

Mudge sê in ’n verklaring ten spyte van gesprekke verlede week het Transnet steeds geen gebeurliksplanne getref nie. Dié planne sou kon help om steeds vragte bessies uit te voer.

“Die feit dat daar nie vooraf voldoende vir hierdie scenario beplan is nie, dui op swak leierskap by die hawe-owerheid en plaas die Suid-Afrikaanse ekonomie in die moeilikheid.”

Al word ’n oplossing wel binne die volgende dag of twee gevind, is die agterstand in die waardeketting van bessies so groot dat dit weke sal duur om dit in te haal. “Die bedryf gaan dus nóg miljoene rande verloor.”

Hy sê dit is noodsaaklik dat noodplanne nou ingestel word om die impak van die staking op die Suid-Afrikaanse ekonomie te verminder.

“Hierdie planne moet insluit aksiestappe om die groeiende agterstand van die uitvoer van kritieke produkte so gou as moontlik in te haal sodra die staking tot ’n einde kom.”

Beurtkrag én staking se impak

Hy sê die staking val boonop saam met die impak van beurtkrag wat reeds druk plaas op Suid-Afrika se kouekettings. “Die staking en beurtkrag hou langtermynbedreigings in vir die land se reputasie as uitvoerder en beeld as ’n verskaffer van hoëgehalteprodukte. Dit word nou moeilik om met die twee kwessies aan internasionale standaarde te voldoen.

“Dit word duidelik dat die huidige monopolie wat Transnet op die land se hawens het, heroorweeg moet word. Die mededingingskommissie kan gerus die impak van die stand van sake op Suid-Afrikaanse besighede en mense lewensbestaan hersien.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.30
+0.0%
Rand - Euro
20.93
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.90
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,003.50
0.0%
Palladium
1,420.36
0.0%
Goud
1,948.15
0.0%
Silwer
23.63
0.0%
Brent-ruolie
76.13
+2.4%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Goeie geselskap en baie kalm en saggeaard
Saggeaarde eerlike en opregte mens wat ander met respek hanteer. Baie beskermend teenoor n vrou en sal nooit kras praat of optree nie.
Let see what happens
Mense mens, ek is altyd positief doen en gee die beste as wat ek kan. Enkel mamma van twee wonderlike dogtertjies en soek meer kinders. Ek is baie lief vir kinders
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot