AFGRI
BEAN
09 Jun
-
9488
0,00
CORN
09 Jun
-
4488
0,00
SOYA
09 Jun
-
7592
0,00
SUNS
09 Jun
-
8364
0,00
WEAT
09 Jun
-
6614
0,00
WMAZ
09 Jun
-
3557
0,00
YMAZ
09 Jun
-
3637
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Meer as 90 000 hektaar kanola geplant

Kanola beloof om opnuut die blink ster in vanjaar se wintergewas-verbouing te wees.

Die Nasionale Oesskattingkomitee voorspel in sy tweede raming van wintergewas-produksie dat dié oes 147 250 ton kan beloop. Dit sal die grootste ooit en 7 750 ton meer as die eerste oesskatting van ’n maand gelede wees.

Die komitee het ook sy hektare-skatting van kanola-aanplantings verhoog, met 5 000 ha tot ’n totale 95 000 ha, teen ’n verwagte opbrengs van 1,55 ton per ha. Dié aanplantings is meer as dubbel twee jaar gelede se 44 000 ha, en ’n derde meer as verlede jaar se 72 165 ha.

Daar is nietemin nog heelwat ruimte vir kanola-uitbreiding as na die totale invoer van olie en oliekoek gekyk word, sê mnr. Kellie Becker, besturende direkteur van die Swellendamse kanola-aanleg SOILL. Volgens Graan SA se jongste ramings kan soja-invoere vanjaar tussen 100 000 en 200 000 ton beloop, en sonneblom-invoere sowat 30 200 ton.

Wat koring betref, lyk dit of Vrystaatse boere toe uiteindelik ’n bietjie meer geplant het as aanvanklik geskat. Die komitee het sy raming van Vrystaatse koring-hektare vanaf verlede maand se 60 000 ha tot 69 500 ha opgeskuif. Dit laat egter steeds die Vrystaat, tradisioneel die land se naasgrootste koringprodusent, met ’n verwagte oes van 274 525 ton in die derde plek ná die Wes-Kaap (met ’n verwagte 914 500 ton) en die Noord-Kaapse besproeiinggebiede (met ’n verwagte 285 000 ton).

Die totale verwagte nasionale koringoes is 1,791 miljoen ton, teen ’n gemiddelde opbrengs van 3,76 ton per ha, en steeds minder as verlede jaar se 1,87 miljoen ton. Dit skiet ook ver te kort om in die nasionale behoefte van rondom 3,4 miljoen ton te voorsien.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.85
-0.1%
Rand - Pond
23.68
-0.1%
Rand - Euro
20.33
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.67
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.3%
Platinum
1,015.39
-0.6%
Palladium
1,365.66
-2.1%
Goud
1,964.86
-0.0%
Silwer
24.35
+0.3%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,696
0.0%
Alle aandele
77,015
0.0%
Hulpbronne 10
69,197
0.0%
Industriële 25
103,427
0.0%
Finansiële 15
15,546
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en alleen,soek n geskikte pasmaat
Ek is n hardwerkende, opregte en Godsdienstige persoon. Wil graag n opregte en eerlike dame ontmoet wat in my belangstellings deel en die lewe meer interresant maak.
Nog Soveel Mooi oor in die Lewe te ontdek en Saam te Geniet
Ek is n Rustige mens. vol Omgee .Nog bevoorreg met Goeie Gesondheid. Geniet tuinwerk. en het honde Hou van kos maak EN luister graag musiek. Gaan gereeld Sondae kerk toe. Help...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot