AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Meer klem benodig op groter boerderye

Suid-Afrika volg nie die wêreldneiging van groter wordende boerderye met die fokus op die vestiging van kleinboere nie, sê prof. Herman van Schalkwyk.

Suid-Afrika volg nie die wêreldneiging van groter wordende boerderye nie want dit fokus te veel op die vestiging van kleinboere, sê prof. Herman van Schalkwyk, landbou-ekonoom en rektor van die Universiteit van Noordwes se Potchefstroom-kampus.

Hy was een van die sprekers tydens ’n internasionale seminaar op die kampus oor die bydrae van maatskaplike entrepreneurskap tot volhoubare landbou in Suider-Afrika.


’n Boek, From Technology Transfer to Intercultural Development, wat onder die vaandel van die Internasionale Instituut vir Ontwikkeling en Etiek (IIDE) gepubliseer is, is ook tydens die geleentheid bekend gestel.


Volgens Van Schalkwyk is ’n verdere teenstelling met die wêreldneiging die feit dat dié boere wat wel ál groter raak, ál minder sake op plattelandse dorpe doen. Dít lei tot die agteruitgang van plattelandse dorpe.

Van Schalkwyk sê hy het onlangs aan ’n Amerikaanse regeringsbeampte gevra of hulle ooit die speelveld van die landbou gelyk sal maak. “Hy’t gesê nooit nie, want hulle wil verstedeliking teenwerk.”


Oplossing

Van Schalkwyk meen ’n “spesiale, doelgedrewe voertuig”, wat “sake rakende die landbou kan koördineer”, is nodig.

Hy sê wantroue bestaan tussen die verskillende afdelings in die bedryf, soos kleinboere wat nie die Regering vertrou nie, of kleinboere en kommersiële boere wat mekaar nie vertrou nie, of kommersiële boere wat die Regering of landbou-ondernemings wantrou – dus sal so ’n liggaam aandag kan skenk aan die situasie van wantroue en gebrekkige samewerking binne die sektor.


Verder meen Van Schalkwyk maatskaplike strukture op provinsiale en nasionale vlak het ook ’n groot rol om rondom voedselsekerheid te speel.


Syfers van Statistiek SA dui volgens Van Schalkwyk aan dat oor ’n tydperk van 10 tot 15 jaar die prys van basiese voedsel vir 30% van die armstes van die armes van 29% van hul inkomste tot 36,4% van hul inkomste toegeneem het.


Daarenteen het basiese voedselpryse vir 30% van die rykste individue van 2,3% tot 2,9% van hul inkomste gestyg. Dié pryse sluit nie-alkoholiese drankies in.


20 Maart 2012

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.82
+1.6%
Rand - Pond
22.07
+1.0%
Rand - Euro
19.43
+1.0%
Rand - Aus dollar
11.96
+1.2%
Rand - Jen
0.13
+1.4%
Platinum
986.00
+1.8%
Palladium
1,457.22
+0.6%
Goud
1,980.94
+0.9%
Silwer
23.90
+2.5%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,089
+0.3%
Alle aandele
76,705
+0.3%
Hulpbronne 10
67,517
+1.3%
Industriële 25
103,222
-0.1%
Finansiële 15
15,634
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Liefte is n wenner!
Hou van nuwe plekke sien dinge saam doen, saam lag en net memories maak ek wil settle en is ernstig daaroor.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot