Chemici van die KTH-koninklike instituut van tegnologie in Swede het ’n nuwe soort plastiekskuim uit die melkproteïene in wei of dikmelkwater ontwikkel. Volgens die instelling is die materiaal baie bestand teen uiterste temperature.
Dit kan nie gesê word van die meeste soorte plastiek wat uit petroleum vervaardig word nie. Die basiese bestanddeel daarvan is die proteïen nanofibril, wat uit gehidroliseerde weiproteïene bestaan. Wei is ’n neweproduk van kaasmaak.
Die materiaal kan byvoorbeeld werk as ’n petrolfilter en vir ander voertuigonderdele, in skuimverpakking en in toepassings wat moet help om ’n gebou of ruimte klankdig te maak en te isoleer. Dit kan ook gebruik word om vloeistowwe wat gemors het, mee op te suig.