AFGRI
BEAN
29 Me
-
8625
-22,00
CORN
29 Me
-
4166
22,00
SOYA
29 Me
-
7934
-51,00
SUNS
29 Me
-
8330
-13,00
WEAT
29 Me
-
6620
104,00
WMAZ
29 Me
-
3674
-4,00
YMAZ
29 Me
-
3808
5,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
0,65
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Melkbedryf: Brei uit as jy wil oorleef

akkreditasie
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
Melkboere sal slegs kan oorleef as hulle hul melkerye kan vergroot, sê dr. Koos Coetzee, ekonoom by die Melkprodusente-organisasie (MPO).

Coetzee was ’n spreker by die MPO se jaarkongres in Jeffreysbaai.

Hy sê die pryse van produksiemiddele neem tans vinniger toe as produsentepryse, ook op internasionale vlak.

“As jy vanjaar dieselfde produksie lewer, is jou inkomste nou minder as ’n jaar gelede.”

Hy sê melkboere moet dus meer produseer om hul verlangde inkomste teen die kwynende marges te kan behaal. 

Verwerkers en vervoerders verkies weens kostedoeltreffendheid eerder groter produsente. Betroubare verwerkers betaal boere met ’n bogemiddelde daaglikse produksie meer en daarom sal klein boere dit moeiliker vind om betroubare kopers te kry.

Coetzee stel voor dat boere moderne tegnologie in hul boerdery gebruik om winsgewend te bly.

“Moderne tegnologie is egter skaalafhanklik en kleiner besighede kan nie bekostig om die nodige toerusting te koop nie.”

Hy voeg by dat die plaaslike en uitvoermark sal moet groei om boere in die melkbedryf te hou. Hoewel Suid-Afrika ’n netto uitvoerder is, is die groei tans nie voldoende nie.

Coetzee sê die melkbedryf is siklies, maar produsentepryse en produksiemiddele se pryse is wisselvallig. Dit is moeilik om toekomstige siklusse te voorspel. 

Hou koste laag

Coetzee se raad aan boere is om produksiekoste te verlaag deur die aankoop van produksiemiddele op die regte tyd. 

“Kunsmis is byvoorbeeld duurder met planttyd en is dan later in die plantseisoen goedkoper.” 

Hy voeg by dat boere winsgewendheid op plaasvlak moet verhoog deur produksiedoeltreffendheid te verbeter en streng te wees ten opsigte van vaste koste.

“As jy alles reg doen, moet jy meer inkry as wat jy uitgee.” Hy sê boere moet hul inkomste die goeie tye só bestuur dat hul boerdery uitgebrei kan word. 

“Daar is verskeie faktore waaroor jy nie beheer het nie. Spits jou egter toe op dié wat jy kan beheer.” 

Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.67
-0.1%
Rand - Pond
24.30
-0.1%
Rand - Euro
21.07
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.86
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Platinum
1,024.56
-0.5%
Palladium
1,415.42
-1.0%
Goud
1,943.25
-0.2%
Silwer
23.16
-0.7%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,444
+0.1%
Alle aandele
76,613
+0.0%
Hulpbronne 10
67,920
+0.7%
Industriële 25
106,261
-0.1%
Finansiële 15
14,582
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons begin n nuwe kans
Ek is reguit eerlik op die man af. Loop nie draaie nie. Ek Hou van diere en suite lewe. Hou van naturuur. Besigtig natuur. Ek het Soos baie Ander ook seer gekry, wil n laaste...
Net lekker Geselskap
Spontaan en hou van mense met n lekker persoonlikheid soek asb nie iemand wat aan n bottel vasgemaak is nie en ook nie met tonne probleme nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot