AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02

Melkboere in 'genadelose' knyptang

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Melkboere het in Augustus vanjaar na raming 287 miljoen liter onverwerkte melk geproduseer, 0,26% minder as in Augustus 2020. Produksie van Januarie tot Augustus vanjaar was 2,34% minder as dié tyd verlede jaar. Foto: Theuns Botha
Melkboere het in Augustus vanjaar na raming 287 miljoen liter onverwerkte melk geproduseer, 0,26% minder as in Augustus 2020. Produksie van Januarie tot Augustus vanjaar was 2,34% minder as dié tyd verlede jaar. Foto: Theuns Botha
Nie eens die gemiddeld 16% wat melkboere in die eerste agt maande van vanjaar meer vir onverwerkte melk ontvang het, kon produksie laat styg nie. Produksie was 2,34% laer vergeleke met die ooreenstemmende tydperk in 2020.

Mnr. Bertus van Heerden, hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie (MPO), skryf in die organisasie se verslag oor suiwelmarkneigings die kosteknyptang op plaasvlak is genadeloos en het in 2018 begin. “Dit lyk asof daar weens lae voorraadvlakke van voergraan – plaaslik en internasionaal – geen verligting is vir die prysdruk in die voergraanmark nie.”

Die plaashekprys vir onverwerkte melk was in die eerste agt maande van vanjaar 28% hoër as in die ooreenstemmende tydperk in 2019, maar die koste van voermeel (geelmielies en sojabone) was 39% hoër as twee jaar gelede. Van Augustus 2020 tot Augustus 2021 het die koste van ander produksiemiddele ook gestyg, soos elektrisiteit met 18,7%, basiese yster en staal met 44% en basiese en ander chemikalieë met 27,7%.

Van September 2020 tot September 2021 het die prys van ureum met 116,6% gestyg en van superfosfaat met 72,2%.

Die melk-tot-voerprysverhouding (vir die voerprys word die prys van konsentraat gebruik) was in September vanjaar 1,23:1, met baie melkboere wat onwinsgewend boer wanneer dit laer as 1,4:1 is.

FYN BALANS

Van Heerden sê ekonomiese aanwysers dui op stremming rakende ekonomiese bedrywighede en in die tweede kwartaal van vanjaar was verbruikersbesteding R37 miljard minder as in die ooreenstemmende kwartaal verlede jaar. Inligting oor verbruikerskrediet toon dat verbruikers sukkel om hul rekeninge te betaal.

“Die suiwelwaardeketting sal slim moet dans die volgende drie maande omdat plaasekonomie dikteer dat daar geen marge is om boere se pryse te verlaag nie, terwyl die verbruiker sukkel met ’n swak Suid-Afrikaanse ekonomie en die gevolglike ongunstige uitwerking op koopkrag.”

RAKVERKOPE

Volgens die Suid-Afrikaanse Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro) was suiwelprodukte se kleinhandelverkope in die eerste ses maande van vanjaar laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Van Heerden sê ’n mens moet in ag neem dat die harde inperking met die begin van die covid-19-pandemie verlede jaar, asook verdere fases van inperking, verkope verwring het.

Die syfers vir die jaar wat in Junie 2021 geëindig het, wys dat kleinhandelverkope van vier van die nege gemoniteerde suiwelprodukte van 0,4% tot 4,1% hoër was as in die vergelykbare vorige periode en die res laer.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-0.7%
Rand - Pond
20.48
+0.8%
Rand - Euro
17.30
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,793.03
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Passievol om n Roman te skryf😉WHITE'S ONLY
WHITES ONLY Eks passievol vir die lewe, diere en mense. Ek glo in dra die Vrugte vd Gees elke dag, om te lag en mense gelukkig te sien. Eks eerlik en opreg! Wanneer ek liefhet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot