AFGRI
BEAN
02 Jun
-
8499
-73,00
CORN
02 Jun
-
4527
-150,00
SOYA
02 Jun
-
7800
-74,00
SUNS
02 Jun
-
8300
38,00
WEAT
02 Jun
-
6320
-53,00
WMAZ
02 Jun
-
3698
-15,00
YMAZ
02 Jun
-
3814
-38,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
19 Me
-
172,55
7,70
Ave Wool - RWS
19 Me
-
189,51
9,36
Beeste A2/3
19 Me
-
53,82
53,82
Beeste AB2/3
19 Me
-
52,28
0,49
Beeste B2/3
19 Me
-
48,03
-0,79
Beeste C2/3
19 Me
-
45,86
0,34
Bevrore Hoender
19 Me
-
34,01
-1,54
Bokkies (onder 30 kg)
19 Me
-
52,68
-2,51
Bokooie
19 Me
-
40,2
1,49
Groot (meer as 40 kg)
19 Me
-
45,36
4,57
Hoender (IQF)
19 Me
-
33,04
-0,30
Medium (30-40kg)
19 Me
-
48
-3,26
Pork Average
19 Me
-
29,59
0,13
Poultry Average
19 Me
-
33,71
-0,90
Skaap A2/3
19 Me
-
84,64
0,30
Skaap AB2/3
19 Me
-
76,6
10,52
Skaap B2/3
19 Me
-
58,23
-1,47
Skaap C2/3
19 Me
-
57,02
0,77
Speenkalf
19 Me
-
31,04
1,22
Spekvarke
19 Me
-
30,9
0,85
Stoorlammers
19 Me
-
42,28
0,34
Varkwors
19 Me
-
24,66
0,20
Vars Hoender
19 Me
-
34,07
-0,87
Vleisvarke
19 Me
-
29,47
0,05
Deel

Melkboere: Romantiek verby, hef aan!

Die probleem in die melkbedryf is nie die dalende getal boere nie, sê mnr. Melt Loubser, een van SA se voorste melkboere.

Die suiwelbedryf se grootste uitdaging is nie die dalende getal melkboere nie: Dit is oorvereenvoudiging en dat die bedryfstrukture verlore kan gaan wat ’n gunstige makro-omgewing skep waar ondernemings onafhanklik kan gedy.

Só sê mnr. Melt Loubser, uitvoerende hoof van Faircape Dairy en voorsitter van die SA Melkprosesseerdersorganisasie (Sampro).

Hy was by die jaarlikse simposium van die SA Vereniging vir Suiweltegnologie buite Pretoria krities oor mense wat die tydperk toe die bedryf gereguleer was, “romantiseer”. “Die Regering het regdeur die waardeketting ingemeng. Ons het hardhandige beheerrade gehad. Daar was min of geen stimulus vir entrepreneursbedrywighede en die bedryf was hoogs gekonsentreerd.”

Melkfabrieke op vreemdste plekke

Loubser sê in die gereguleerde tydperk was fabrieke op die vreemdste plekke geleë, dikwels met die doel om werk te skep en omdat dit nie nodig was om mededingend te wees nie. Hy onthou ’n regter het in 1993 in ’n groot hofsaak gevra wat die melkbeheerraad met al die geld gedoen het wat hy per liter verwerkte melk gehef het. Dit was sowat 7c/liter en die plaashekprys was toe sowat 55c/liter.

Loubser sê ná 1994 moes die bedryf skielik in ’n ongereguleerde bedryf sake doen, met die nalatenskap van ’n manier van dink uit die gereguleerde tydperk.

“Ons het geproduseer wat ons wil, want iemand anders sou sorg. Ons sou eers later oor die gevolge dink.”

Mense oorvereenvoudig die bedryf

Loubser het gesê destyds en ook vandag is daar mense wat die bedryf oorvereenvoudig en sê “melk is melk”, dat die melkprys onelasties is en dat ’n mens kan uitvoer sou daar ’n ooraanbod wees.

Die bedryf het deur ’n onstuimige tydperk gegaan waarin verskeie vorms van strukture as bedryfsorganisasies probeer is. “Weens die ingesteldheid van die tyd, het mense in hul eie kommersiële belang opgetree, pleks van om in belang van die bedryf op te tree.”

Loubser sê die bedryf was bekend om sy binnegevegte. Hy is optimisties dat verskillende partye nou saamstem dat daar gedeelde kwessies is wat gesamentlik gepak moet word.

Prys deur vraag en aanbod vasgestel

Aanbod moet die vraag volg en markte verseker dat dit gebeur. “Prys word deur aanbod en vraag bepaal.” Die beskikbaarheid van gebalanseerde en objektiewe inligting is volgens hom baie belangrik. Rolspelers moet weet waar die inligting vandaan kom, die inligting vertrou en besluite op grond van feite kan neem.

Loubser het gesê sowat 20% meer melk word nou as in 2008 geproduseer.

“Die suiwelbedryf groei en is dinamies. Ja, dit is finansieel uitdagend, maar dit is internasionaal mededingend.”

Dit terwyl internasionale markte steeds produksie stimuleer. Loubser het gesê dié stimulasie lei tot die baie wisselvallige pryse op internasionale markte.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.51
+0.6%
Rand - Pond
24.29
+1.2%
Rand - Euro
20.89
+1.1%
Rand - Aus dollar
12.89
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+1.4%
Platinum
1,002.06
-1.4%
Palladium
1,417.56
+1.3%
Goud
1,948.55
-1.5%
Silwer
23.62
-1.1%
Brent-ruolie
74.28
+2.3%
Top-40
71,993
+1.9%
Alle aandele
77,126
+1.7%
Hulpbronne 10
70,299
+1.9%
Industriële 25
105,036
+2.0%
Finansiële 15
14,803
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vryheid en die buite Lewe
Lig van hart vol lewe ! geniet strand, see, buitelig en kamp. Lewe vry sonder komplikasies 🦅👁️ Nie baie nodig om gelukig te wees 😉
Just a small town girl, living in a lonely world
OK so let's jump this wagon and see where it's going. I absolutely love sport and am the happiest when I'm outside making myself tired. I'm in the gym 5 days...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot