AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Melkboere, verbruikers sien rooi oor Poolse melk

akkreditasie
Langlewemelk wat Dairy Group vanweë instandhouding by ’n fabriek ingevoer het, is onder sy Creamline-handelsmerk verpak. Foto: Verskaf
Langlewemelk wat Dairy Group vanweë instandhouding by ’n fabriek ingevoer het, is onder sy Creamline-handelsmerk verpak. Foto: Verskaf
Melkboere besit self dié groep wat die melk ingevoer het.

Melkboere en verbruikers se gemoedere loop hoog ná foto’s op sosiale media van ingevoerde Poolse langlewemelk wat onder Dairy Group se handelsmerk Creamline bemark word. 

Melkboere besit self dié groep, wat die land se grootste verskaffer van langlewemelk is en tot stand gekom het ná die samesmelting van Dairy Farmers of South Africa en Coega Dairy laat in 2019.

Mnr. Francois van der Walt, tegniese en bemarkingshoof van Dairy Group, het by navraag gesê die beweegrede vir die invoer was om kapasiteit te skep vir noodsaaklike instandhouding by die groep se Coega-fabriek in die Oos-Kaap, wat veroorsaak dat die maatskappy nie die vereiste voorraadvlakke van produkte in sy handelsmerke kan handhaaf nie.

“Ons het gevolglik besluit om ’n gedeelte van die kapasiteitstekort aan te vul met ’n produk vir die groothandelmark, met die doel om die voorsieningsgaping aan hierdie marksegment tot ’n mate te verlig.

“Die enigste tydgleuf waarbinne ons hierdie instandhouding kon doen, is gedurende die winter wanneer melkvloei laag is relatief tot die res van die jaar. 

poolse melk
Langlewemelk wat Dairy Group vanweë instandhouding by ’n fabriek ingevoer het, is onder sy Creamline-handelsmerk verpak. Foto: Verskaf

Noodsaaklik vir groei

“Die instandhouding was noodsaaklik om die fabriek tot sy volle potensiaal te kan laat funksioneer en is noodsaaklik vir ons toekomstige groeiplanne. Ons word besit deur melkprodusente en glo dat die plaaslike primêre melkbedryf gesond en mededingend is en dat dit steeds uiters aantreklike groeiverwagtinge inhou vir melkprodusente.

“Die spesifieke besluit is in oorleg met ons direksie geneem, wat die melkprodusente is. Hoewel niemand van ons dit op lang termyn ondersteun nie, was dit noodsaaklik vir die spesifieke geval.

“Die volume wat ons invoer, is na raming 0,8% tot 0,9% van die totale jaarlikse binnelandse vraag na langlewemelk, dit wil sê, minder as 1 uit 100.”

Van der Walt het gesê in dié tyd is geen onverwerkte melk van sy produsente weggewys nie. 

Duurder

“Die prys wat ons vir die (ingevoerde) melk betaal, gegewe vragkoste en al die bykomende koste wat gepaard gaan met invoer, is meer as waarteen ons dit self met ons eie produsente se melk sou kon vervaardig. Die oogmerk (vir die invoer) was nie om wins te maak nie, maar die mark te bly voorsien.

“Gegewe die huidige gelande koste van ingevoerde langlewemelk maak dit finansieel nie sin om melk in te voer nie. Solank daar nie invoerheffings van toepassing is nie, bly die risiko daar dat as die rand verstewig, dit aantrekliker sal raak vir die handel,” het Van der Walt gesê.

Mnr. Bertus van Heerden, hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie, het gesê die organisasie weet dat Shoprite Checkers tans langlewemelk uit Pole teen spesiale pryse verkoop.

“Ons doen ’n beroep op die verbruiker om hom te vergewis van die oorsprong van veral voedselprodukte, en om die Trots Suid-Afrikaans- en Local is lekker-veldtog te ondersteun.”

Tydelike plaaslike tekort

Die Shoprite-supermarkgroep het by navraag gesê hy pas ’n beleid toe waar hy heel eerste plaaslike produkte verkry, “maar weens seisoenale beskikbaarheid, en vraag en aanbod, is dit soms nodig om van verskillende dele van die wêreld (produkte) te verkry sodat ons in die behoeftes van ons klante kan voorsien, veral wanneer melkproduksie in die kouer wintermaande geraak word, wanneer jaarlikse korttermyntekorte voorkom”.

“Weens ’n tydelike plaaslike tekort moes die kettingwinkelgroep produkte in twee streke van die land aanvul deur ’n klein hoeveelheid melk van goeie gehalte in te voer om voorraadbeskikbaarheid vir sy klante te verseker.”

Die groep sê hy bly verbind tot voortgesette steun aan plaaslike verskaffers. Hy ontmoet elke jaar Suid-Afrikaanse verskaffers van suiwelprodukte, wat hulle verbind tot die volumes wat deur hul eie voorsiening beskikbaar is.

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot