AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Melkplaas-bedrogsake weer dié week in hof

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Die toegangshek na die plaas. Foto: Joylene van Wyk
Twee sake wat handel oor miljoene rande se bedrog by melkplase by Vrede in die Vrystaat word weer vandeesweek in die hof aangehoor.

Vandag begin die verhoor van Nulane Investment in die hooggeregshof in Bloemfontein. Nulane Investment is in 2011 R24,9 miljoen betaal om ’n uitvoerbaarheidstudie vir die Mohoma Mobung-projek te voltooi.

Die staat voer egter aan dat Nulane Investment geen personeel gehad het nie en Deloitte as subkontrakteur aangestel en R1,5 miljoen betaal het om ’n verslag op te stel.

Nulane het toe vermoedelik aan dié verslag verander om aan te dui dat Paras Dairy, wat in Indië geïnkorporeer is, ’n geskikte vennoot vir die ontwikkeling van ’n melkverwerkingsaanleg is.

Mnre. Iqbal Sharma, Peter Thabethe, voormalige Vrystaatse LUR van landelike ontwikkeling, Limakatso Moorosi, voormalige Vrystaatse LUR van landbou, Dinesh Patel, Sharma se swaer en ’n verteenwoordiger van Nulane Investment, asook mee. Seipati Dhlamini, voormalige finansiële hoofbeampte by die Vrystaatse departement van landbou, en Ronica Ragavan, direkteur van Islandsite, verskyn vandag in die hof in verband met die saak.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) voer aan die verdagtes het gekonkel om geld wat vir landelike ontwikkeling in die Vrystaat bedoel was, te herlei na Islandsite, ’n maatskappy wat deur die Gupta-familie besit en bestuur word.

Die verhoor sal na verwagting tot 3 Maart duur. Al die verdagtes het vandag onskuldig gepleit.

Estina-bedrogsaak

Die Estina-bedrogsaak word van Woensdag 25 Januarie in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor. Thabethe, Dhlamini en Ragavan sal dan weer saam met mnre. Takisi Masiteng, voormalige direkteur van distriksdienste, Kamal Vasram, Estina-direkteur, Mosebenzi Zwane, voormalige Vrystaatse LUR, en me. Ugeshni Govender, voormalige werknemer by Sahara, in die hof verskyn.

Die saak hou verband met R280 miljoen wat na bewering via die melkplaas na Gupta-maatskappye herlei is sonder dat die oorspronklike begunstigdes van die projek enige voordeel gekry het.

Die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling het dié lys van begunstigdes as regverdiging gebruik vir die miljoene wat die staat in die projek belê het. Dit het egter net Estina, ’n maatskappy van die Gupta-familie, wat by die projek betrokke was, gebaat.

Volgens die NVG het Estina op 5 Julie 2012 met die Vrystaatse departement van landbou ooreengekom om ’n suiwelprojek in Vrede op die been te bring om voorheen minderbevoorregte boere en die mense van Vrede te baat.

Die ooreenkoms het bepaal dat Estina ’n kapitaalinspuiting van R228 miljoen moes voorsien. Paras Dairy is as Estina se vennoot voorgestel. Die ooreenkoms het verder bepaal dat die departement R342 miljoen oor ’n tydperk van drie jaar tot die projek sou bydra.

Van Julie 2012 tot April 2014 het Estina R280 miljoen ontvang. Estina het nooit sy finansiële bydrae tot die projek gemaak nie. Daar word steeds ondersoek waarom ’n behoorlike tenderproses nie vir die projek gevolg is nie.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.07
+0.2%
Rand - Pond
22.30
+0.0%
Rand - Euro
19.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.2%
Platinum
974.87
+0.7%
Palladium
1,439.25
-0.6%
Goud
1,967.34
+0.2%
Silwer
23.67
+1.4%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,489
+0.9%
Alle aandele
77,121
+0.8%
Hulpbronne 10
68,141
+2.2%
Industriële 25
103,747
+0.4%
Finansiële 15
15,656
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Lag n bietjie en kom geniet die lewe!
Ek is n spontane mens wat weet wat ek in die lewe wil he, en hou van lag en avonture.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot