Charl van Rooyen se artikel “Platform wil kosteknyptang plettervat” (LBW, 10 November 2022) oor mnr. Alfons Visser van Hartswater se aanlyn platform waarop boere hul insette direk van oorsee af kan bestel en produkte regstreeks kan verkoop, het my laat dink.
Baie lesers is in dieselfde bootjie as ek. Weens die misdaadsituasie op ons plase en ander omstandighede kan ons nie boer nie. Ons het nogtans ’n behoefte om aan ’n boerdery deel te neem en daarin te belê.
In Landbouweekblad se kleinadvertensies sien ons nie boere wat beleggers nooi om om ’n deel saam met hulle te boer of andersins saam te werk nie. Bestaan daar nie so ’n mark nie? Artikels oor toepassings van dié konsep en oor die regsaspekte sal verwelkom word.