Met hierdie brief wil ons Landbouweekblad opreg bedank vir die mediavennootskap tydens die tiende ISHS- internasionale simposium oor die besproeiing van tuinbougewasse wat van 29 Januarie tot 2 Februarie op Stellenbosch gehou is.
Dankie ook vir die geborgde bottelwater en die pryse vir die Young Minds-wenners. Ons was verheug oor die goeie bywoning (154 afgevaardigdes van 18 lande) en die hoë standaard van die voorleggings.
Die terugvoer van afgevaardigdes was oorweldigend gunstig en baie van die mense wat Suid-Afrika die eerste keer besoek het, was verras deur die omvang en diepte van wetenskaplik gegronde praktyke in die land se tuinboubedryf, wat ons trots aan die uitgelese gehoor uitgelig het.