Die berig “Ekonomiese herstel wink vir Suid-Afrika” (LBW, 20 Mei 2021) het betrekking. Die aansprake dat die inflasie- en wisselkoers, asook ekonomiese groei, deur rentekoersveranderings bepaal word, is die enkele grootste dwaling in die ekonomiese wetenskap.
Daar bestaan absoluut geen bewyse daarvoor nie. Die inflasiekoers word bepaal deur ál die plaaslike en internasionale politieke en ekonomiese faktore wat ’n invloed op die vraag en aanbod van goedere en dienste het, asook die waarde van die geldeenheid.
Ekonomiese groei word deur die vraag- en aanbodkant van die ekonomie geskep, soos Statistieke SA elke kwartaal bewys. Dit word deur die winsmotief aangedryf.