Wat my veral pla, is dat die boer en grondeienaar maar verlief moet neem met dié vertrapping. Die werklikheid is dat die landbou gedienstig en gedweë die menigtes moet voed. Die bedryf word nie in ag geneem deur staatsdepartemente en semi-staatsinstellings nie.
Dankie aan die breë publiek wat die landbou verstaan en hul oë toemaak voordat daar geëet word. As daar nou een semi-staatsinstelling is wat vere voel vir die volhoubaarheid van die landbou, die landprodusent en die grondeienaar, is dit die groot sondaar in die breë ekonomie van Suid-Afrika –Eskom.
Vanuit eie ondervinding kan ek sê dat Eskom tans niks voel vir die boer se eiendom en die dierelewe op grond waaroor sy transmissielyne loop nie. In die verlede was dit nooit die geval nie.