’n Vriend sê die ander dag dat dit vervelig raak as mense telkens kerm oor alles in Suid-Afrika wat in duie gestort het of op pad is daarheen. Die lys is te lank en dit is makliker om die paar te noem wat nog werk. Hy noem dan onder meer die parlement en howe wat nog goed funksioneer.
Wat die parlement betref, het die vriend natuurlik nie geweet dat sekere instellings deesdae maklik daarin slaag om die parlement se oorsigfunksie te systap en daarmee weg te kom nie.
Om slegs twee voorbeelde te noem: Op 19 Februarie 2020 ont- duik die voorsitter en uitvoerende hoof van die staats- dienspensioenfonds die staande komitee oor finansies en beantwoord nie 74 vrae deur lede van die komitee nie.