Die Mededingingskommissie wil nou ook rassekwotas as maatstaf gebruik om die landbou, een van die min oorblywende suksesvolle sektore in Suid-Afrika, te transformeer.
Mnr. Tembinkosi Bonakele, voorsitter van die kommissie, het in ’n verslag gesê dat landbou-instellings ekonomiese apartheid in stand hou en dat hy gaan toesien dat rassekwotas in die waardeketting van dié sektor verskerp word deur die uitreiking van lisensies aan diensverskaffers te beïnvloed.
Hierdie dreigement raak nie net die landbousektor nie, maar laat gevaarligte flikker vir die groter vryemarkstelsel in Suid-Afrika.