Dat mnr. André de Ruyter Eskom vroeër as beoog verlaat het, was geen verassing nie. Die ANC kon nie bekostig dat hy aanbly nie. Hy het ’n gevaar geword en beskik oor verdoemende inligting. Dit is duidelik dat hy eerstehands oor inligting rakende korrupsie beskik.
As hy sy inligting nie aan die polisie bekend maak nie, maak hy hom skuldig aan ’n oortreding van artikel 34 (2) van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede (Wet 12 van 2004).
Selfs ’n vermoede van korrupsie moet aangemeld word. De Ruyter kan en behoort die regte paadjie te volg en in landsbelang sy inligting aan die polisie oor te dra.