In ’n debat in die nasionale vergadering oor sogenoemde billike energie-oorgang, het die VF Plus gewys op die politieke gevolge van die ineenstorting van die staat se vermoë om elektrisiteit op te wek. Fossielbrandstowwe het dit vir Suid-Afrika moontlik gemaak om tot nywerheidsland te ontwikkel.
Verder is die verskeidenheid gebruike van steenkool, die enigste fossielbrandstof wat volop in die land is, een van die groot prestasies in Suid-Afrika se geskiedenis.
Tog het dit aan die begin van die eeu duidelik geword dat toenemende koolstofdioksiedvlakke in die atmosfeer met klimaatsverandering verband hou. Fossielbrandstowwe, veral steenkool, het daarom in onguns geraak.