Hoe dieper ek oor die saak van mnr. Carel van der Merwe dink, hoe meer besef ek dat ons boere in ons moer is as dit is hoe ons howe werk! Gelukkig vir Suid-Afrika se boere het die regstelsel juis vir Van der Merwe aangepak.
Ek sê dit omdat hy die opleiding en die deursettingsvermoë het om namens ons almal die pad vorentoe oop te kap en aan te hou veg. As gewone boer gaan ek u dieper probeer inlig, want verslaggewers kan soos bye of brommers wees.
Bye en brommers besoek dieselfde blom. Die bye maak heuning wat ratels voed, teenoor brommers wat net hulself voed om daarna miskolletjies te gaan soek om wurms te produseer wat skape “lewend opvreet”.