Die landbou het beslis die potensiaal vir grootskeepse werkskepping, maar die minimum loon wat op 1 Maart in werking tree, gaan dié idee waarskynlik nek omdraai.
In sy staatsrede op 10 Februarie het pres. Cyril Ramaphosa gesê die landbou is een van die sektore wat hy geïdentifiseer het vir werkskepping om Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer aan te pak. TLU SA meen egter dat die nuwe minimum loon waarskynlik tot werksverliese gaan lei.
Dit is baie jammer dat die minimum loon ingestel is, veral in die lig van die land se hoë werkloosheidsyfer en die algemene agteruitgang van die ekonomie.